Lietsjie Kultivars

© Asit K. Ghosh

Lietsjies is nie inheems aan Suid-Afrika nie en word ingevoer vanaf die staat van Florida in Amerika sowel as uit Indië, Taiwan en China.

Tipes Lietsjies

Lietsjies word in drie groepe verdeel - Mauritius, Chinese en Madras - met die Chinese groep van kultivar wat meestal internasionaal mee geboer word.

In Suid-Afrika word die lietsjie produksie oorheers deur die Mauritius tipe lietsjies. Die Mauritius groep word gewoonlik plaaslik sowel as in die buiteland geproduseer en verskaf bevredigende opbrengste en vrugte van 'n goeie gehalte. ʼn Voorbeeld is die HLH Mauritius.

Die Chinese groep van lietsjie kultivars produseer vrugte van 'n uitstekende gehalte maar met baie swak opbrengste. Die Chinese tipe lietsjies het dikwels hoender-tong sade. Kultivars sluit in die ‘Haak Yip’ en ‘Three months Red’.

Die Madras lietsjie groep dra pragtige rooi vrugte maar die vrugte se kwaliteit is swak. ‘McLean Red’ is 'n Madras lietsjie.

Lietsjie Kultivars in Suid-Afrika

Alhoewel baie kultivars in Suid-Afrika getoets is, is kommersiële lietsjie aanplantings gebaseer op grond van twee kultivars naamlik die ‘HLH Mauritius’ (ook bekend as Tai So) en ‘McLean’s Red’.

Die vroegste lietsjie die ‘Third Month Red’ kan vanaf Oktober gepluk word. Dit het groot hart-vormige vrugte met ʼn taai diep-rooi vel wanneer dit ryp is. Die saad is groot en die vlees om die saad word bruin as die vrugte ryp is. Die boom groei regop maar dit is onmoontlik om dit te ent as gevolg van sy droë hout.

HLH Mauritius’ is aan Suid-Afrika in 1875 voorgestel en is 'n middel-seisoen kultivar met medium-groot vrugte met helder soet vlees en ʼn rooi vel wanneer dit ryp is. Die aktiefgroeiende boom is geneig om 'n verspreide kroon te hê wat vatbaar vir windskade is.

McLean’s Red’ is die tweede mees gegroeide kultivar in Suid-Afrika wat in die middel tot laat seisoen gepluk word. Dit het 'n swak vlees-tot-saad-verhouding as gevolg van sy groot saad maar het sagte soet vlees. Die vrugte is rooi met 'n gepunte punt. Bome toon kragtige verspreidings groei aan.

Wai Chee’ is die belangrikste kultivar wat in China gegroei word en is eers aan Suid-Afrika in die 1990's bekend gestel. Dit is 'n medium grootte en laat-seisoen lietsjie met 'n geel-rooi vel, geurige vleis en 'n klein saadjie. Die boom is kompak en dig.

Nuwe Kultivars

Navorsing oor nuwe lietsjie kultivars kyk na opbrengspotensiaal en vrugkwaliteit eienskappe soos klein sade. Navorsing fokus ook op die skep van 'n hoë-opbrengs van vroeg en laat kultivars spesifiek vir sekere vroeg en laat-produserende streke in Suid-Afrika. Dit lei tot die verhoging van die beskikbaarheid van Suid-Afrikaanse lietsjies in tye wanneer daar 'n beperkte produksie van noordelike halfrond produsente is wat beteken 'n hoër prys en 'n verhoogde vraag na Suid-Afrikaanse lietsjies vir uitvoer veral na China. Dit beteken ook 'n hoogtepunt van produksie van lietsjies rondom Februarie om saam te val met China se Nuwe Jaar feesvieringe. Die Chinese mark hou veral van groot vrugte met 'n goeie kleur en klein sade.

Translated by Wilma Koeppen