Koringverbouing

© Chris Daly

Somer koring floreer tussen 22 en 34 grade Celsius terwyl die winter koring beste doen tussen 5 grade en 25 grade Celsius. Dit is volgens die Produksie Riglyne vir koring van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF). Die klimaat moet verkieslik koel en klam wees gedurende aanplanting, gevolg deur 'n warm droë seisoen vir die oes.

Grondvereistes

©Glenneis Kriel

Volgens DAFF vereis koring goed gedreineerde en vrugbare leem tot sandleem grond met 'n pH balans van 6-7.5. Produksie sal negatief beïnvloed word indien die grond te suur is, wat sal maak dat 'n paar voedingstowwe nie beskikbaar vir die plante in die grond sal wees nie.

Vir droëland produksie moet die grond goeie waterhouvermoë hê, soos grond tipes met 'n swaar klei laag of 'n hindernis laag wat verhoed dat water wat gestoor is wegloop. Baie goed gedreineerde grond is nie geskik vir droëland produksie nie, maar mag geskik wees vir produksies onder besproeiing.

Besproeiing

©Louise Brodie

Die oes vereis sowat 600 mm water per jaar. Bewaringsboerdery praktyke, wat minimum bewerking met 'n stoppel behoud insluit, word aanbeveel vir vog bewaring in droëland produksie. Met produksie onder besproeiing moet water toevoeging verlaag word tydens die blom tydperk, vermeerder word gedurende peulvulling, en glad nie besproei word tydens rypwording nie.

Voortplanting

©Glenneis Kriel

Koring word voortgeplant vanaf die saad. Terwyl dit die beste is om gesertifiseerde saad elke jaar te koop, is daar 'n paar boere wat saad spaar vir aanplanting in 'n poging om koste te bespaar. Die nadeel van hierdie produksie is dat dit die sade negatief kan beïnvloed indien die saad nie behoorlik skoongemaak of behandel is met die vereiste plaagdoders nie.

By die aankoop van gesertifiseerde saad is daar 'n stelstel in plek as saad foutief is, terwyl boere net hulself kan blameer wanneer hulle hul eie gespaarde saad gebruik. Saad onder planttelersregte kan nie vermeerder word, gespaar of verkoop word sonder die nodige magtiging of lisensie van die houers met die regte nie.

Wanneer om te Plant

©Glenneis Kriel

Saad moet geplant word volgens die aanbevele plant en oes tydperk vir elke area en verskeidenheid. Dit is om verliese weens klimaat, droogte, hitte, koue en reën te verminder.

Die optimum plantdatum kan wissel van een seisoen na 'n ander as gevolg van die interaksie tussen sekere omgewings, grond en plant voorwaardes. In die Suid-Kaap, wat in 'n winterreënvalgebied is, sal boere gewoonlik plant nadat die eerste reën van April tot Julie en tussen middel Mei en einde van Julie in die somerreënvalgebiede geval het.

Spesifieke temperatuur spektrums word benodig vir verskillende stadiums van produksie. Ontkieming sal byvoorbeeld nie plaasvind onder -5 grade nie en word negatief beïnvloed deur temperature bo 25 grade Celsius. Volgens die “Koringproduksie Gids” is die optimum temperatuur vir bestuiwing, aan die ander kant, is tussen 10 en 25 grade Celsius.

Plant Metodes

©Glenneis Kriel

Saad moet eweredig in vlak en klam grond geplant word. Volgens die DAFF gids kan loting digthede wissel van 20 kg/ha tot 25 kg/ha onder droëlandtoestande en 90 kg/ha tot 120 kg/ha onder besproeiing. Die plant digtheid kan wissel vir verskillende kultivars en volgens die vog beskikbaarheid van die grond. Saad kan geplant word met geen of minimum bewerking planters of planters wat toegerus is met tande of skyfies.

Boere gebruik oor die algemeen wyer ry spasiëring onder droëland en nouer ry spasiëring wanneer koring onder besproeiing gekweek word.

Translated by Wilma Koeppen