Koljander Oes Bestuur

© Louise Brodie

Opbrengs - Ton per Hektaar per Jaar

Konserwatief
Vars: 4 ton
Droë sade: 0.5 ton
Olie: 40 liters

Gemiddeld
Vars: 8 ton
Droë sade: 1 ton
Olie: 75 liters

Goed
Vars: 12 ton+
Droë sade: 1.2 ton
Olie: 100 liters

Oestyd

Die meeste kommersiële koljander word meganies geoes. Op kleiner produksie-eenhede en in kweekhuise kan dit met die hand gedoen word, alhoewel dit duur is.

Vars produksie: begin die oes van die blare in die oggend wanneer die temperatuur koel is en die blare droog. Oes van die buitenste blare kan begin so vroeg as 4 weke na die aanplant van die sade. Groter kommersiële produsente sal langer moet wag en die hele spul tergelyke tyd moet oes net voor dit blom deur dit ongeveer 5 cm bo die grond van die bos af te sny, en trosse van die verlangde grootte te maak. As dit met die hand gedoen word, word die hele plant uitgetrek en verpak.  

Droë saad produksie: Vir droë koljander produksie moet jy wag tot na dit geblom het, en die vrugte hard en droog geword het. Die sade word normaalweg volwasse tussen 15 en 18 weke na aanplanting. Die sade word dan geskei van die doppe en kan gesorteer word vir herplanting materiaal en vir speseryhandel. 

Essensiële olie produksie: Die essensiële olie word verkry uit stoom wat die gebreekte sade distilleer. Van die rou materiaal gewig wat gedistilleer word, verteenwoordig die essensiële olie opbrengs slegs sowat 0,6% tot 1%. 

Stoor

Vars produksie: Na die oes van die vars koljander moet dit gestoor word teen 1°C. Die koljander kan vir sowat 2 tot 3 weke gestoor word. Die belangrikste element is om die blare droog te hou in verseëlde houers. Vars kruie verloor hul kulinêre smaak vinnig, so dit is die beste om die vars gesnyde koljander so gou as moontlik te bemark en te verkoop. Vars koljander kan in lugdigte sakkies in 'n vrieskas gehou word.

Droë produksie: Die gedroogde sade moet so gou as moontlik verpak word in lugdigte houers om hul geur te behou. Dit kan vir nege maande tot 'n jaar gestoor word. 

Essensiële olie: Gebottelde essensiële olies kan gestoor word in 'n droë, donker en koel ruimte vir omtrent 'n jaar tot 18 maande na bottelering. Na hierdie tydperk verloor die meeste essensiële olies hul sterkte en geur. 

Plae

Plantluise, Army wurms, Sny wurms, Aalwurms, Spinnekop myte, Blaaspootjies en Wit vlieg is 'n paar van die algemeenste peste.

Siektes

Bakteriële blaarvlek, CMD Virus, Fusarium Wilt, Poeieragtige skimmel, wortel vrot en Sagte vrot.

Dit is die beste om 'n gewasbeskerming regime te volg soos voorgeskryf deur 'n voorligtingsbeampte of landboukundige. Die plaaslike chemiese handelaars het oor die algemeen die regte programme of kan inligting verskaf oor die beste adviseurs wat in die nabyheid van die produksie area beskikbaar is.

Translated by Wilma Koeppen