Koljander Plant

© Louise Brodie

Voortplanting

Koljander voortplanting is van saad.

Plant Metodes

Groot kommersiële telers sal kojander direk saai as aanplanting geskied. Die sade word sowat tien millimeter diep geplant. Koljandersaad ontkiem redelik goed, maar dit is raadsaam om twee keer meer as die vereiste te saai, en dit dan uit te dun indien nodig. Dit word deur meganiese planters of met die hand gedoen na gelang van die grootte van die aanplanting.

Spasiëring

©Glenneis Kriel

Koljander plante moet ongeveer 5 cm uitmekaar in rye wat 30 cm van mekaar af is gespasieer word. Dit is sowat 650 000 plante per hektaar. Implemente en trekker paaie moet gelos word vir wanneer bestuurspraktyke en oes geskied.

Saaityd

Saai koljandersaad direk in die veld in die vroeë lente. In Suid-Afrika is dit vroeg in September wanneer die bedreiging van ryp minder is.

Groei Periode

Vir vars koljander produksie sal produsente die vars blare oes van so vroeg as 5 weke nadat die koljander gesaai is. 

Bevrugting

Voor aanplanting moet 'n grondmonster geneem en gestuur word vir ontleding. Dit sal die grondtipe en voedingsbehoeftes vir die beoogde oes identifiseer.

Die volgende aanbeveling kan as 'n rowwe gids gebruik word in die afwesigheid van grondontleding. ʼn Aanvanklike 500 kg toepassing van 3:1:5 kan in die boonste 15 cm tot 20 cm van die grond gestrooi word voor die saad gesaai word. Dit sal die nuwe koljander plante 'n goeie begin gee om hulself te vestig. Omdat koljander nie baie kunsmis vereis nie, is dit die beste om die groei te monitor en dan te besluit of verdere stikstof nodig is om groei te stimuleer. ʼn Soortgelyke aantal sproeibemesting kan toegedien word deur drupbesproeiing nadat sade ontkiem en plante opgekom het. 

Besproeiing

Die meeste kommersiële koljander produsente installeer drupbesproeiing, want dit is die beste manier om grondvogbestuur te monitor. Die koljander plant kan vinnig saad maak as daar te min water is tydens droogte. As die koljander onder verbouing is om vars blare te produseer, moet daar seker gemaak word dat die plant voldoende besproei word. Moenie oorbesproei nie, aangesien dit wortelsiektes of bakterieë op die blare kan veroorsaak. Dit is beter om vog meettoestelle te installeer om voortdurend die grond te monitor.

Afhangende van die grondtipes en die weer, is 'n goeie besproeiings gemiddelde tussen 25 en 30 mm per week, versprei oor twee aanwedings gedurende die warm somermaande en die vermindering van besproeiing gedurende koeler of die reën maande van die jaar. Probeer om direkte besproeiing voor oes te vermy, maar besproei onmiddellik na oes om die optimale voginhoud te herstel as jy die plant wil stimuleer om weer te produseer.

Translated by Wilma Koeppen