Is Hennep 'n Dwelm?

©Marinda Louw

Hennep (Cannabis sativa) is 'n veelsydige plant wat gebruik word vir tekstiele, vesel, olie en as 'n kos en ook dikwels verkeerd vir 'n dwelm as gevolg van sy verhouding tot sy bedwelmende neef: marijuana of 'dagga' (Cannabis indica).

Industriële hennep is afkomstig van stamme van Cannabis sativa L. wat minder as 0.1 - 0.3% THC bevat - toelaatbare vlakke van THC wissel vir elke land. Hennep is dus die term vir dagga plante wat gekweek word vir nie-euforiese dwelmgebruik.

Marijuana, hennep en dagga is volksname vir plante van die genus Cannabis. Dagga bevat meer as 110 cannabinoïde wat delta-9-tetrahydrocannabinol (THC) die bedwelmende en psigo cannabinoïde in dagga insluit. THC is bekend vir sy aptyt-stimulerende, pyn-verligting en euforiese eienskappe.

Die THC inhoud van dagga is die rede waarom hennep produksie oor die hele wêreld gereguleer word. Maar hennep plante produseer eenvoudig nie genoeg THC om 'n bedwelmende uitwerking te hê nie.

Hennep en Cannabinoïde

Cannabinoides word in die menslike liggaam gevind en is noodsaaklik vir die optimale funksionering van die liggaam. Hulle is chemiese strukture wat deur plante (phytocannabinoide) en in die menslike liggaam (endocannabinoïde)vervaardig word. Hierdie strukture saam met die cannabinoïde reseptor in die brein vorm deel van die endocannabinoïde stelsel in die menslike liggaam. Dit endocannabinoïde stelsel beheer die vrystelling van neurotransmitters, help in pyn persepsie en is betrokke by die hart en bloed funksie, die spysverteringstelsel asook lewer funksies.

Tot dusver het verbruikers net belang gestel in die volopste cannabinoïde in die dagga blom: cannabidiol (CBD) en tetrahydrocannabinol (THC). CBD word gevind in die boonste dele van die hennep plant en in hennep blomme en word onttrek om 'n CBD-ryk olie te produseer sonder bedwelmende uitwerkings.

Ander cannabinoïde sluit Cannabigerol (CBG), cannabichromene (CBC) en cannabinol (CBN) in. Hul potensiaal vir gebruike word nog bestudeer maar dui op die moontlike behandeling van gebruike vir inflammatoriese siektes en as 'n slaap hulpmiddel.

Hennep en die Wet

In Suid-Afrika word hennep steeds beskou as 'n dwelm. Dit word beheer deur die Departement van Gesondheid. Die Medisyne en Verwante Stowwe Wetgewing is betrokke by die beheer van die verbouing en verwerking van hennep in Suid-Afrika. Permitte vir die verbouing van lae-THC cannabis vir industriële doeleindes kan deur die Direkteur-generaal van Gesondheid in terme van Artikel 22A (9) uitgereik word in terme van die Seksie 22A (9) (a) (i) (a) (i) van die Wet op Medisyne.

Permitte word uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) wat die Medisynebeheerraad vervang (MCC). SAHPRA val onder die departement van gesondheid se bediening. Aansoekvorms vir die produksie van hennep kan verkry word by die SAHPRA kantore.

Permitte wat uitgereik word vir hennep produksie is steeds nog net vir 'navorsingsdoeleindes' wat beteken dat die kommersialisering van hennep produksie nog vaag is, 'n sentiment wat oorgedra is deur Gill Staniland, 'n stigterslid van Cannabis Industry Development Cooperative van die Wes-Kaap (CIDCWC).

Hennep produksie is wettig in die Verenigde State sedert die afsterwe van die Landbou Verbeterings Wet in 2018. Hennep produsente moet egter steeds hou by die staat se landbou wette sowel as met die Amerikaanse Landbou Wet van 2014 en moet permitte wat uitgereik is deur die plaaslike departemente van landbou bekom.

Met die wettiging van die Plaas Wet (Farm Bill)van 2018 in die Verenigde State van Amerika het die wet die produksie en vervoer van hennep oor staats grense heen toegelaat en die vraag na beide hennep en cannabidiol (CBD) produkte het baie toegeneem.

Translated by Wilma Koeppen