Inheemse Suid-Afrikaanse Vrugte

© Hans Hillewaert

Inheemse vrugte is vrugte wat groei in Suid-Afrika. Dit word uit die natuur geoes, soms kommersieel geoes en uitgevoer, asook vars geëet of verwerk in produkte soos konfyt of drank. Inheemse vrugte is een van die belangrikste opsies om as kos te dien in tye van hongersnood en voedingstekorte in Suider-Afrika.

Inheemse wilde vrugte kan help om voedselonsekerheid, veral 'versteekte honger' te verlig. Versteekte honger (‘hidden hunger’) is die gebrek aan voedingstowwe en vitamiene weens ‘n ongebalanseerde dieet. te verlig. Studies het getoon dat die oes van inheemse vrugte uit die natuur en van aangeplante bome wat op plase groei kan help om landelike indiensneming en werkskepping te verhoog.

Daarbenewens kan die verwerking van inheemse vrugte tot inmaakprodukte (soos konfyt en blatjang) en sappe ekstra inkomste te lewer. Volgens die Departement: Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) word hierdie vrugte beskou as die belangrikste Suid-Afrikaanse inheemse vrugtegewasse: Maroela Bosappel (‘mobola plum’) Moepel (rooi melkhout) Wild Mispel Kei-appel Doringklapper (‘monkey orange’) Suurvy Grootsuurpruim (‘sour plum’) Sommige inheemse vrugte word gesien as ‘n belangrike handelsitem en word verkoop langs paaie in baie dele van Suider-Afrika.

Dit sluit in: doringklapper, suurvye (Carpobrotus edulis) en umsobo (waterbessie) in die oostelike dele van Suid-Afrika asook Kei-appel (Dovyalis caffra), suur pruim (Ximenia caffra), blou suur pruim (X americana) en moepel of rooi melkhout (Mimusops spesies). Sommige het potensiaal om op kommersiële vlak geoes te word. Maroela (Sclerocarya birrea) word reeds op grootskaal geoes.

Maroela

Hierdie groot boom kom algemeen voor in die Limpopo-provinsie van Suid-Afrika. Die vrugte word van die grond af geoes van Januarie tot April en word vars geëet of verwerk tot 'n konfyt. Dit word ook in alkoholiese drankies soos bier en gewilde likeurs gebruik.

Bosappel

Die bosappel is 'n groot boom met 'n growwe bas. Dit groei in die oostelike dele van Suid-Afrika en produseer klein geel vrugte wat rou geëet, gedroog of gegis word om 'n bier te brou.

Moepel

Hierdie boom verkies bergagtige dele van die somer-reënval provinsies van Suid-Afrika en produseer klein, ronde oranje vrugte. Die soet vrugte is baie hoog in vitamien C en die blare word geëet deur wildsbokke. Die vrugte word groen geoes en word ryp na 'n paar dae.

Wild Mispel

Dié vrugteboom produseer appelkoos-grootte vrugte met 'n smaak soos dié van gedroogde appel. Vars vrugte word gebruik om 'n mampoer te maak. Die vrugte moet die hand oor 'n tydperk van tot ses maande geoes .

Kei -appel

Die aromatiese Kei-appel vrugte kan rou geëet word, verkieslik met ‘n bietjie suiker. Die vrugte is hoog in vitamien C en bevat verskeie aminosure. Weens sy natuurlike hoë suurinhoud maak dit ‘n goeie konfyt. Die doringrige Kei-appel is ‘n goeie heiningplant.

Doringklapper

Hierdie klein doringboom groei in die tropiese en subtropiese streke in Afrika en produseer harde geel vrugte so groot soos 'n lemoen. Die vrugvlees word rou geëet, gedroog of ingemaak na konfyt of vrugtewyn, maar die sade is giftig.

Suurvy

Die suurvy is ‘n sappige rankplant inheems aan die Wes-Kaap. Dit maak goeie konfyt en word gebruik vir grond stabilisering en in waterslim tuine. Sy blaar sap word gebruik om sonbrand, skrape en jeukplekke te behandel.

Grootsuurpruim

Die verfrissende suur vrugte groei op 'n klein doringboom, wat dikwels geplant word as 'n heiningplant. Die vrugte is hoog in vitamien C en sy saad olie word gebruik in skoonheidsmiddels soos lipstiffies en seep.

Translated by Hazel Oliver