Hennep Produksie

© Marinda Louw

Hennep (Cannabis sativa) is 'n ou veelsydige gewas wat vir eeue wêreldwyd verbou is, insluitend die middel van die 20ste eeu. In die 1930s tot 40s het sy verbouing drasties afgeneem as gevolg van wetgewing wat hennep (hemp) boerdery en enige gebruike van hennep produkte verbied het.

Hennep vesel word gebruik vir sterk, duursame tekstiele, boumateriaal en papier. Hennep sade bevat hoë vlakke van anti-oksidante, vetsure, minerale en vitamiene terwyl die plant self help om grond te stabiliseer. Hennep-olie wat onttrek is óf uit die sade of van die plantmateriaal word gebruik in voedsel, velsorg, vir industriële doeleindes en as medikasie.

Wat is Hennep

Industriële hennep en marijuana (ook bekend as 'dagga') is verskillende kultivars van dieselfde spesie, Cannabis sativa. Hennep het laer konsentrasies van die euforiese cannabinoïde tetrahydrocannabinol (THC) en hoër konsentrasies van cannabidiole (CBD). Hennep word gedefinieer as enige deel van 'n dagga plant wat die konsentrasie van THC van 0.3% (w/w) min of meer het. As gevolg van die lae vlakke van THC het hennep nie een van die psigo-effekte van dagga nie. CBD wat teenwoordig is in beide die hennep en dagga stamme, word as 'n mengsel gebruik om mediese toestande soos epilepsie en Parkinson se siekte te behandel.

Hennep is 'n vinnig groeiende regop plant met blare wat bestaan ​​uit 5-7 blaartjies. Dit is 'n veelsydige plant wat gekweek word vir sy vesel en saad. Hennep vesel word gebruik vir die maak van tekstiele, papier, tou, isolasie en biobrandstof terwyl hennep sade gebruik word vir mens en dier kos. Die sade word ook gebruik om omega-ryk hennep-olie te onttrek wat gebruik word vir smeermiddels, verf, ink, plastiek en kosmetiese produkte soos sjampoe en seep. Die afvalproduk van die olie ontginning (hennep saad koek) is ryk in proteïen en kan gebruik word vir dierevoer of verfynd in 'n hoë-proteïen hennep meel vir menslike gebruik.

Wêreldproduksie van Hennep

Die wêreld se top produsent van hennep was nog altyd China. Trouens, die eerste gebruik van hennep was in China in die jaar 300 V.C. en kommersiële hennep boerdery het voortgegaan sonder enige wetgewende inmenging. Die belangrikste gebruik van hennep in China was vir voedsel en vesel (vir tekstiele) en het die nasie help oorleef tydens voedseltekorte. Daar word beraam dat China meer as 100 000 ha hennep verbou.

Kanada se produksie van hennep het met 80% gegroei tussen 2016 en 2017 tot 56 000 ha. Kanada fokus op olie ontginning, hennep proteïen poeiers en gepelde hennep sade (hennep harte). Die Verenigde State het sy hemp produksie verdriedubbel sedert die afsterwe van die Plaas Wetgewing van 2018, en gaan voort met die kommersiële verbouing van hennep. CBD-olieproduksie is die belangrikste produk van die VSA hennep produksie.

Ander top produsente van hennep in die wêreld is Frankryk (dit was nooit daar verban nie), Chili (private verbouing word toegelaat) en Noord-Korea (nog nooit verban nie). Noord-Korea groei hennep op 'n industriële skaal, maar die inname van dagga kan met die dood strafbaar wees.

Beperkinge in Hennep Boerdery

In Suid-Afrika val die boerdery van hennep nog onder die dagga wetgewing en daarom word dit nog geïdentifiseer as 'n beheerde stof - geen verskil van dagga, sê Gill Staniland stigterslid van Cannabis Industry Development Cooperative van die Wes-Kaap (CIDCWC). CIDCWC is 'n organisasie wat pleit vir rasionele wette wat gebaseer is op wetenskap en kennis van die dagga plant en sy produkte.

Dit is nie net in Suid-Afrika waar die produksie van hennep beperk is nie, hoewel nie as gevolg van regering onkunde nie. Kanadese studies wat in 2015 gepubliseer is het 'n paar beperkinge rondom die verwerking van hennep aangedui. Dit sluit in negatiewe openbare persepsies van oor-beperkende wetlike vereistes en onvoldoende tegnologiese vermoëns.

In die VSA word die produksie beperk deur wetgewende oponthoude en in nege state van die VSA is die produksie van hennep nog nie wettig nie. Ander beperkende faktore is versekering, finansiering van hennep boerdery en saad verskaffing. Amerikaanse boere voer sade uit na Europa en Kanada.

Translated by Wilma Koeppen