Grondinstandhouding

© Louise Brodie
Aangesien die wêreldbevolking reeds groter is as die volhoubare vlak, raak dit al belangriker om die vernaamste hernubare onderhoudende natuurlike elemente van die aarde te beskerm. Die drie belangrikstes is water, lug, en ons grond.
Grond is die aarde se filter waardeur lewe op aard in stand gehou word. Grond filtreer ons baie beperkte vars water en prosesseer die lewenssiklus en verander dit in die voedingstowwe wat noodsaaklik is vir lewe om voort te bestaan op die aarde. Grond is die medium wat plantegroei onderhou en vorm daarom die basis van die wyse waarop plantegroei koolstofdioksied uit die atmosfeer filtreer om suurstof vry te stel wat die skoon lug skep wat ons en alle lewende dinge inasem.
Soos die aarde en sy hernubare bronne konstant erodeer word, raak dit dringend noodsaaklik dat ons die aarde se kosbare grond beskerm en in stand hou. In hul poging om die groeiende bevolking te voed en aan te hou boer op ‘n winsgewende manier, word van boere verwag om al meer op hul grond te produseer. Afgesien van hul lewe-gewende watertoevoer, raak dit noodsaaklik dat hul gronde in staat moet bly om aan die immer-toenemende produksievereistes te voldoen. Die konstante monitering en toets van grond om te verseker dat genoeg voedingstowwe beskikbaar is sodat die plante kan groei, is noodsaaklik.
Hoe hoër die opbrengste is wat boere moet lewer, hoe meer voeding het plante nodig. Dit raak noodsaaklik dat areas wat nie oorspronklik geskik was vir akkerbou nie, geskik gemaak word deur die toevoeging van voedingstowwe en organiese materiaal tot die grond sodat die aktiwiteit van essensiële mikro-oganismes verbeter kan word.
Waar grond versteur is, is dit belangrik dat die area beskerm word teen erosie van die voedingstofbelaaide bogrond wat groei kan onderhou, deur die grond te bedek met ‘n natuurlike deklaag of deur dit te beplant met grondbedekkers.
Die grond is die basis waarop enige gesonde ekosisteem gebou is.

Translated by Elna Van Rhyn

Kompos en die Grond

Goeie kompos het 'n donkerbruin krummelrige struktuur waarin nie een van die grondstowwe (bv houtsaagsels) sigbaar is nie....more

Verduideliking van die Samestelling van Bemestingstowwe

Bemestingstowwe is óf organies en afkomstig van natuurlike materiaal wat eens lewend was, óf dis ‘n sintetiese chemiese samestelling bes...more

Gesonde Grond deur Bewaringslandbou

‘n Toenemende bewustheid van die belangrikheid van gesonde grond het daartoe gelei dat ‘n al-groter-wordende aantal boere bewaringsboerd...more

Hoe om Grondtekstuur te Verbeter

Sandgrond het groot deeltjies, ʼn growwe tekstuur en behou bietjie water en 'n paar voedingstowwe. Aan die ander kant van die spektrum is kl...more

Mikro-organismes in Grond

In baie volhoubare landboustelsels is die fokus op die voeding van die grondmikrobes eerder as om die plante te voed....more

Deklaag - Grondinstandhouding

Grond wat bedek is met ‘n deklaag het minder onkruid en is meer droogtebestand as grond wat nie bedek is nie, en plante groei beter....more

Organiese en Anorganiese Bemestingstowwe, Kompos en Mis

Organiese bemestingstowwe bestaan uit ontbinde materiaal wat afkomstig is uit lewende organismes wat kompos skep en kan gekombineer word met...more

Organiese Materiaal in Grond

Vars reste is die dooie organiese materiaal wat nog nie ten volle tot kompos afgebreek het nie en bestaan ​​uit onlangs dooie mikro-orga...more

Grond Gesondheid en Plantgesondheid

Daar is 'n direkte verband tussen grond en plant gesondheid, verduidelik Alan Rosenberg in sy boek Global Health in Crisis - die antwoord lÃ...more

Die Neem van Grondmonsters

Die neem en analiseer van grondmonsters van die area wat bewerk gaan word is die belangrikste beginpunt van enige tuinboukundige onderneming...more

Die Belangrikheid van Grondtekstuur

Grondtekstuur het 'n uitwerking op grondvrugbaarheid en beinvloed kompaksie en korsvorming van die grond se werkbaarheid - die gemak waarmee...more

Skoffel, Ploeg en Eg

Die ware betekenis van bewerking verwys na enige voorbereiding van grond wat beplant gaan word. Dit sluit in ploeg, eg of skoffel. Dit kan m...more