Hoe om Grondtekstuur te Verbeter

© Colette Kessler (USDA, NRCS South Dakota)
Grondtekstuur word bepaal deur die kombinasie van sand, slik en klei deeltjies.
Sandgrond het groot deeltjies, ʼn growwe tekstuur en behou bietjie water en 'n paar voedingstowwe. Aan die ander kant van die spektrum is kleigrond met klein kleideeltjies. Kleigrond is dikwels swaar, deurtrek van water en moeilik om te bewerk, maar kan voedingryke wees. Tussen sanderige en kleigrond is kombinasies van sand-leem-kleigrond, wat meer geskik is vir die produksie van gewasse.
Dit word aanbeveel om geskikte gewasse vir jou grondtipe te kies. Bome, rose, spinasie, beet, uie en korrels floreer in kleigrond terwyl gewasse soos wortels, radyse, aartappels, tamaties en mielies weer ligter sanderiger grond verkies.
Baie min boere het die ideale grondtipe. Die meeste boere sukkel met swak droë en onvrugbare sandgrond of grond wat deurtrek is van water en swaar kleigrond. Gelukkig is daar maniere om grondtekstuur en strukture te verbeter, meestal deur die byvoeging van organiese materiaal in die vorm van mis en dekgewasse.

Hoe om Sanderige Grond te Verbeter

Om sanderige grond te verbeter, moet die grond in staat wees om meer voedingstowwe te hou. Sommige boere gebruik steenkoolstof of 'biochar' (Houtskool wat gebruik word om voedsel aan te vul in die grond). Hierdie stof absorbeer voedingstowwe en laat dit stadig vrystelt in die grond. Dit is gemeng met vars en klam dieremis en word gelos vir 2-3 weke. 'Biochar' kan ook gemeng word met vloeibare kunsmis en moet ook gelos word vir 2-3 weke. Sommige boere voeg mengsels van grondmikrobes of rots stof (indien nodig) by die houtskool stof voor dit in die grond verwerk word.
Die gebruik van kompos mis in sanderige grond, voorsien voedingstowwe stadig aan die grond. Pas kleiner hoeveelhede meer dikwels toe, eerder as te veel op 'n slag. Dit word aanbeveel om mis diep in sanderige grond in te grawe en nie dit op die grondoppervlak te los nie. Met behulp van 'n deklaag op die oppervlak kan water verdamping en verminder wind erosie voorkom word.
Voorkom oorbeweiding op sandgrond en sny eerder voer en lewer dit in 'n voedingskema.

Hoe om Klei Grond te Verbeter

©Jason Miller (USDA National Resources Conservation Service)
Kleigrond is dikwels ryk aan voedingstowwe, maar as die grond se pH balans te hoog of laag is, kan voedingstowwe nie in 'n oplosbare vorm wees vir plantwortels om te absorbeer nie. Afhangende van jou oes, as die pH laer as 6 is, is dit te suur wat jy dan kan aanpas met gips of landboukalk. Grond wat se pH balans meer as 7,5 is, kan verlaag word met grond swael.
Om water dreinering van kleigrond te verbeter, berei plant beddings voor wat gelig is.
Inkorporeer meer organiese materiaal soos oorskiet gewasse, blare, grassnysels en vrot mis. Nie alleen sal dit voedingstowwe byvoeg tot die kleigrond nie, maar dit sal ook help om die digte swaar grondstruktuur op te breek. Plant dekgewasse kan ook help om die struktuur van kleigrond te verbeter.

Dieremis en Grondtekstuur

©Ron Nichols (USDA National Resources Conservation Service)
Erdwurms help met grondvorming struktuur deur die vermenging van organiese materiaal met die gronddeeltjies. Hulle eet ook gronddeeltjies, bind hulle in 'n stabiele mikro-agregate ('n materiaal of struktuur gevorm uit 'n massa van fragmente of deeltjies losweg saam gekompakteer) en skei dit as erdwurm mis uit. Hierdie "erdwurm mis" word ook vermicast (uitskeiding van wurms) genoem.
Goed verrotte dieremis van perde, koeie en pluimvee is waarskynlik die mees algemene grond aanpassing wat gebruik word om grondtekstuur en gehalte te verbeter. As dit moontlik is, kies spesifieke mis vir spesifieke gewasse.
Perdemis is ryk aan primêre voedingstowwe en geskik vir die kweek van groente wat vinnig groei, soos broccoli, blomkool en blaarslaai.
Koeimis is hoog in stikstof en word gebruik vir blaargroente wat baie stikstof benodig soos spinasie en blaarslaai.
Pluimveemis is baie kragtig en hoog in stikstof. Dit is goed vir die vermenging in sanderige grond om vog beter te behou en is baie goed vir blaargroente.

Translated by Wilma Koeppen