Die Neem van Grondmonsters

©Louise Brodie
Die neem en analiseer van grondmonsters van die area wat bewerk gaan word is die belangrikste beginpunt van enige tuinboukundige onderneming. Hierdie proses identifiseer beide die voedingstowwe aanwesig in die grond, sowel as die wat mag kort. Resultate van hierdie toetse maak akkurate makro- en mikronutriëntspoorelement bemestingstoftoediening moontlik.

Metode

Gebruik ‘n graaf of awegaar en twee emmers. Een emmer vir bogrond en die ander vir ondergrond, om ‘n verteenwoordigende monster van beide die bogrond en die ondergrondlae te kry. Die bogrond monster word gewoonlik geneem uit die boonste 30 cm van die grond. Die ondergrondmonster word geneem van die profiel tussen 30 cm tot 60 cm - 100 cm na onder, afhangende van die struktuur van die wortels van die gewas wat jy wil plant, en hoe diep jy beplan om te ploeg. As die wortelstruktuur vlak is, mag dit nodig wees om slegs monsters van die bogrond te neem. Om egter die dieper profiel ook te onteed sal ‘n beter aanduiding gee van die dreineringskapasiteit van jou grond.
Jy sal ongeveer vier tot ses monsters per hektaar nodig hê. Bekyk eers die area wat jy wil bewerk om te sien of daar ooglopende verskille in grondstruktuur sigbaar is. Indien daar is, moet monsters van alle verskillende soorte grondstrukture geneem word. Indien die grond meestal homogeen (dieselfde) lyk, neem monsters van oor die hele area heen. Maak eers die oppervlakte skoon van enige rommel soos gras en ander organiese materiaal. Werk in ‘n Z, S of W patroon oor die hele monsterarea. Dit moet slegs die area en enige verskillende grondstrukture daarin wat jy kan sien, dek.

Gebruik van ‘n Awegaar

©Lousie Brodie
Indien jy ‘n awegaar gebruik, neem ‘n monster uit die boonste 30 cm en gooi dit in die bogrondemmer. Herhaal hierdie proses met die ondergrond vanaf 30 cm dieper tot waar jy besluit het om te bewerk en gooi hierdie grond in die ondergrondemmer.
Herhaal die proses op al die geïdentifiseerde monsterplekke, met al die bogrond in een emmer en al die ondergrond in die ander emmer.

Gebruik van ‘n Graaf

©Louise Brodie
Indien jy ‘n graaf gaan gebruik om monsters te versamel, maak eers ‘n vierkantige gat met skoon, gladde kante sodat jy duidelik die profiel tot by die verlangde diepte kan sien. Neem die graaf en skraap vanaf die 30 cm merk na bo sodat jy ‘n twee tot drie cm laag van die kant van die gat in die graaf het. Gooi dit in die bogrond emmer. Herhaal dieselfde prosedure vanaf die boom van die gat tot by die 30 cm merk en maak seker dat jy geen bogrond in die graaf laat val nie. Plaas hierdie grond in die ondergrondemmer.
Herhaal hierdie proses vir al die geïdentifiseerde monsterplekke en gooi al die bogrond in een emmer en al die ondergrond in die ander emmer. Sodra jy al jou monsters versamel het, elk in sy eie emmer, moet jy die grond in elke emmer goed meng.
Die laboratorium wat jou analise gaan doen sou vir jou die monstergrootte gegee het wat hulle benodig. Neem nou die benodigde hoeveelheid sand uit elke emmer, en plaas dit in die behoorlik gemerkte monsterplastieksakkies sodat dit so gou moontlik by die laboratorium afgelewer kan word.

Translated by Elna Van Rhyn