Mikro-organismes in Grond

Grond is meer as net deeltjies van stukkende klip. Grond is 'n komplekse struktuur wat 'n tuiste is vir plant wortels en mikro-organismes. Dit is 'n laboratorium van chemiese en biologiese prosesse, en die omgewing wat gesondheid en groei van plante beïnvloed. 

Mikro-organismes - bakterieë, swamme en protosoë - in grond speel 'n groot rol in die prosesse wat die groei van plante bepaal. Dit skei nie net sure af wat minerale beskikbaar stel as plantvoedsel nie, maar dit is ook verantwoordelik vir stikstofbinding, afbreek van organiese materiaal en om voedingstowwe te herwin.

In baie volhoubare landboustelsels word daar gefokus op die voeding van die grondmikrobes eerder as op plantvoeding.

Wat is Mikro-organismes?

Mikro-organismes, die eerste vorm van lewe op aarde, het lewe moontlik gemaak deur die produksie van suurstof. Dit is ook noodsaaklik vir baie ander prosesse.

Mikro-organismes word in drie groepe verdeel: parasiete, saprofiete, en simbiotiese mikro-organismes. Parasiete voed op lewende plante en diere wat siekte en verval kan veroorsaak. Saprofiete ontbind dooie plantmateriaal deur die vrylating van voedingstowwe en die vorming van humus. Simbiotiese mikro-organismes leef in wedersydse voordeel met plante. 'n Voorbeeld hiervan is die bakterieë wat in die nodes op peulgewasse soos klawers gevind word. Hierdie stikstofbindende bakterieë bind stikstof uit die atmosfeer in 'n vorm wat die plant kan absorbeer.

Hoe kan Mikro-organismes Werk?

Grondmikrobes werk in 'n komplekse voedselketting. 'n Voedselketting is 'n reeks prosesse waar die uitslag van 'n proses gebruik word as 'n bron van brandstof vir die volgende proses. Mikro-organismes is kortliks daarom afhanklik van mekaar om 'n bron van voedsel te produseer.

Dit begin met rou organiese materiaal soos blare genaamd "detritus” en die primêre verbruikers wat dit vreet genaamd "detrivore”. Detrivore sluit in houtluise, erdwurms en kewers, bygestaan ​​deur swamme en bakterieë. Sekondêre verbruikers is nematodes soos slakke, naakslakke, plantluise en vlieë. Alge leef in die boonste lae van die grond waar dit naby aan sonlig kan kom. Alge is belangrik vir hul vermoë om atmosferiese stikstof in die grond op te los.

Grond swamme groei massas lang, draadvormige strukture wat miselium genoem word. Die miselium absorbeer voedingstowwe, beskerm wortels van peste en patogene en koloniseer plantwortels wat die plant te help om voedingstowwe soos fosfor uit die grond te bekom. Swamme is belangrike ontbinders van koolstof-ryke, houtagtige oorblyfsels soos houtstukkies. Aspergillus en Penicillium is twee voorbeelde van gis swamme. Hulle produseer antimikrobiese stowwe en sintetiseer aminosure wat die boustene van proteïene vorm.

Gis in die grond produseer hormone en ensieme wat nodig is vir seldeling en wortel ontwikkeling. Gis afskeidings vorm die substraat vir aktinomycetes en melksuurbakterieë. Hulle is verantwoordelik vir die kenmerkende aardse reuk van geploegde grond.

Aktinomicetes is filament-vormde bakterieë wat verantwoordelik is vir die ontbinding van die taai, houtagtige materiaal en komplekse molekules in besoedelde grond. Dit help ook met die vorming van humus. 

Bakterieë in grond te vorm dikwels die grootste massa van lewe in die grond en is verantwoordelik daarvoor om swael en stikstof beskikbaar te maak. Melksuurbakterieë produseer organiese sure wat patogene soos Fusarium en nematodes onderdruk.

Hoe om Grondmikrobes te Verhoog

Studies wys hoër grond mikrobiese populasies wat in organiese eerder as konvensionele boerderystelsels voorkom. Grondmikrobes is dus beïnvloed deur boerderypraktyke soos geen-bewerking, die aanplant van dekgewasse en wisselbou.

Verhoog grond organiese materiaal deur die byvoeging van kompos, mis, blare, vrugte en groente afval of voeg 'n mengsel van mikro-organismes in die grond. Effektiewe Mikro-organismes, ook bekend as EM, is in Japan in die 1970s as entstowwe ontwikkel om die mikrobiese diversiteit van die grond ekosisteem te verhoog en kan die benutting van organiese materiaal in die grond verbeter. Dit is 'n mengsel van voordelige grondmikrobes om grondkwaliteit, groei en opbrengs van gewasse verbeter en word op die grond, plante en selfs mis gespuit asook in gebiede waar vee aangehou word.

Translated by Wilma Koeppen