Die Belangrikheid van Grondtekstuur

© Dr Eduard Hoffmann (Department of Soil Science, US)
Grondtekstuur het 'n uitwerking op grondvrugbaarheid en beinvloed kompaksie en korsvorming van die grond se werkbaarheid - die gemak waarmee grond bewerk kan word. Daarbenewens is die tekstuur van grond en sy klei-inhoud die belangrikste faktore wat die hoeveelheid lug in die grond en sy waterhouvermoë bepaal.

Grond Tekstuur

©United States Department of Agriculture
Die tekstuur van grond verwys na die grootte van die gronddeeltjies. Sand deeltjies is bevoorbeeld baie groter as kleideeltjies. Sanddeeltjies wissel tussen 0,05-2,0 mm, slik deeltjies tussen 0,002 en 0,05 mm in deursnee, terwyl kleideeltjies minder as 0,002 mm in grootte is. Gruis of klip deeltjies is groter as 2 mm en word nie in ag geneem by die bepaling van die grondtekstuur nie.
In terme van tekstuur, kan grond geklassifiseer word in vier klasse: sanderige, slik, kleierig en klei. Die klas van grond word bepaal deur die verhouding van die verskillende gronddeeltjies.
Sanderige grond het 'n growwe tekstuur, terwyl kleigrond ʼn fyn tekstuur het en bestaan ​​uit klein kleideeltjies. Kleideeltjies is taai en verleen 'n sterk fisiese eienskap aan grond, so grond met net 20% klei kan optree soos gommerige kleigrond. 'Leemgrond' verwys na 'n grond wat sand, slik en klei deeltjies in het. Sandkleileem bestaan byvoorbeeld ​​uit 30% klei, 50% sand en 20% slik deeltjies.

Hoe om Grondtekstuur te Bepaal

Wanneer jy in die veld is, tel 'n handvol grond op en voeg 'n bietjie water by om 'n bal te vorm. As jynie 'n bal kan maak nie is die grond te sanderig. Voel die tekstuur van die grond met jou vingers om te sien of dit korrels (sand), syagtige of melerige (slik) of plastiekerig (klei) is.

ʼn Laboratorium kan die tekstuur van die grond toets, maar 'n boer kan die 'wors metode' gebruik om die tekstuur van grond op sy plaas te bepaal. Navorsers van die Waternavorsingskommissie Suid-Afrika het hierdie maklik toets om grondtekstuur te bepaal saamgestel:

Sand Sand het 'n klei-inhoud van minder as 10%. Dit vorm nie 'n "wors" nie, maar na gelang van die klei-inhoud, kan dit 'n stabiele bal vorm.

Leemsand Dit het ʼn 10 - 15% klei-inhoud. Korrels is van medium grootte en kan gesmeer word tussen die duim en wysvinger. Dit vorm “wors wat bros is”.

Sanderige Leem grond Het 'n 15-20% klei-inhoud. Kan 'n dik "wors" vorm, maar breek uitmekaar as mens dit liggies druk.

Sanderige Kleileem grond Dit het ʼn 20 - 35% klei inhoud. Rop op in ʼn stabiele “wors”, maar breek op wanneer dit in ʼn U-vorm gevorm word.

Kleileem grond Dit bestaan uit 27 - 40% klei. Dit vorm 'n stabiele U-vorm, maar breek op wanneer dit in 'n donut of ring gevorm word.

Sanderige Kleigrond Dit het ʼn 35 - 50% klei inhoud. Dit toon die eienskappe van klei, maar is ook krummelrig wanneer dit gevryf word. Breek wanneer 'n ring gevorm word.

Klei Dit het meer as 50% klei. Grond vorm 'n stabiele ring sonder krake en toon 'n afwesigheid van krummelrigheid.

Gewasse en Grondtekstuur

©Dr David Lindbo (North Carolina State University)
Grondtekstuur bepaal die tempo waarteen water deur die bodem dreineer en gevolglik hoeveel water beskikbaar is vir die plante. Sanddeeltjies in grond fasiliteer dreinering en deurlugting van die grond. Sanderige grond het 'n veel laer waterhouvermoë as kleigrond so water en kunsmis kan meer gereeld by sandgrond gevoeg word as by kleigrond.
Organiese materiaal breek ook vinniger af in grond met 'n hoër sand inhoud omdat daar meer lug teenwoordig is in grond met groter deeltjiegroottes - die ontbinding proses van organiese materiaal vereis suurstof. Goed gedreineerde grond daarbenewens het 'n hoër lug inhoud, wat bydra tot gesonder plantwortels.
Grond met 'n hoë inhoud van klei kan meer voedingstowwe en water stoor, want grond met klein kleideeltjies het 'n groter area oppervlak per eenheid volume. Kleideeltjies is negatief gelaai en het dus positiewe ione wat aan positief gelaaide elemente soos ammonium (ʼn stikstof-verbinding), kalium, kalsium, magnesium en ander spoorelemente kan vasklou en dit absorbeer.
Grond se vermoë om pH verandering te weerstaan, word grootliks bepaal deur organiese materiaal en klei-inhoud. Leem grond word beskou as die beste grond vir die meeste gewasse.

Die Verbetering van Grondtekstuur

Beide sanderige en kleigrond kan verbeter word met die toevoeging van organiese materiaal soos kompos, oesreste, dieremis, ou blare, snoeisels en groenteskille.

Translated by Wilma Koeppen