Kompos en die Grond

©Louise Brodie

Ryk, goed ontbinde kompos is 'n uitstekende grond opknapper. Dit is 'n byvoeging van organiese materiaal as brandstof vir grondmikrobes en voedingstowwe vir aanplantings in die grond. Dit verbeter ook die grond se tekstuur - die fisiese toestand van grond as 'n saadbed vir aanplanting.

Wat is Goeie Kompos?

Goeie kompos het 'n donkerbruin kleur en krummelrige struktuur waarin nie een van die grondstowwe (bv. houtsaagsels) sigbaar is nie.

Dit ruik soos grond of 'n woud se grondoppervlakte, sonder enige skerp ammoniak of vrot reuk. Dit moet 'n pH balans van 7 - 8 hê en 'n voginhoud van ten minste 30%; sommige kenners stel selfs 40 - 50% voor.

Voordele van Kompos

Kompos help die grond om groepies (aggregate) te vorm. Aggregate is polle grond wat bestaan uit gronddeeltjies, organiese materiaal asook organiese en minerale komponente. Hierdie grond aggregate bevat porieë waar lug en water molekules gestoor word, en voedingstowwe uitgeruil word.

Kompos kan help om kleigrond op te breek deur verhoogde deurlugting en verminderde grondkompaksie. 

Kompos stimuleer die produksie van voordelige grond bakterieë en swamme. Hierdie grondmikrobes is noodsaaklik om kompleks strukture van organiese materiaal in kompos af te breek en sodoende die voedingstowwe wat binne die organiese materiaal gestoor word, vry te stel.

Sodra die kompos heeltemal afgebreek word, word humus gevorm, wat ryk is aan fulvien en humus sure. Hierdie sure is die finale afgebreekte produkte van organiese kompos materiaal. Humus sure bind aan onoplosbare voedingstof verbindings, veral yster, wat hulle stadig en aanhoudend vrystel in vorms wat plante deur hul wortels kan absorbeer. Hierdie sure omskep ook stikstof, fosfor, kalium, sink en ander spoorelemente in plant-beskikbare vorms en verlaag hoë soutinhoud in grond.

Hoe om Kompos te maak

Byna enige rou materiaal kan gebruik word om kompos te maak, op voorwaarde dat dit behoorlik hanteer word en dat die optimale koolstof: stikstof verhouding (C:N) in stand gehou word, sê Amigo Cantisano in sy boek Organiese Boerdery: Beginsels en Praktyke.

Die beste koolstof: stikstof verhouding van grondstowwe is 30:1. Dit beteken dat die C:N van die gekombineerde grondstowwe ideaal moet wees om 30:1 te verkry. Byvoorbeeld is die C:N van saagsels 511:1 en die C:N van hoendermis 7:1. Potensieel is dit 'n goeie kombinasie, maar die byvoeging van ander materiaal nader aan 'n 30:1 (soos seewier - 19:1 en koringstrooi - 128:1) sal verseker dat daar 'n meer gebalanseerde kombinasie van grondstowwe is.

Gebruik 'n verskeidenheid van grondstowwe. Hooi, strooi en stukkies groen afval verbeter die struktuur van 'n komposhoop terwyl vars afval, dieremis en seeplante die mikrobiologiese inhoud van kompos verhoog.

Die toevoeging van 10% kleileem grond verhoog die krummelstruktuur van kompos, en stof van klippe verhoog ook mikrobiese aktiwiteit. Moet nie kalk of gips byvoeg totdat die kompos gereed is vir gebruik nie, en maak seker die komposhoop word klam gehou.

Jy moet dieselfde reëls volg as jy kompos in klein tuine of huishoudings gebruik. Kombineer vars vrugte en groente afval met geskeurde papier en tuingrond en meng goed. Sprinkel 'n bietjie water om genoeg vog vir die afbreek proses te verseker.

Tipes Kompos

©Creative Commons

Kompos kan deur middel van 'n warm of koue proses gemaak word. Die warm proses is meer arbeidsintensief omdat dit die gereelde draai van die kompos hoop behels om die suurstof te verhoog. Warm kompos maak onkruidsaad en patogene dood en dit bespoedig die kompos proses.

Koue kompos behels 'n statiese komposhoop met rou materiaal lae in die hoop. Hierdie proses kan oor 'n jaar neem om te voltooi maar die byvoeg van entstof (inokulum) van voorgereg mikrobes kan die kompos 'n hupstoot gee.

Statiese kompos wat vir riool slyk gebruik word, word gedwonge belugting of waaiers gebruik om suurstof in die komposhope te verhoog. Wurm kompos verkry deur die gebruik van erdwurms om organiese afval af te breek.

Materiale vir Kompos

©Tim Jewett

Koolstofryke grondstowwe wat gebruik kan word om kompos te maak sluit neutedoppe, papier produkte, karton, strooi, houtsaagsels, saagsels, teesakkies, katoen, kaggel as, snoeisels, gedroogde gras en blare in.

Stikstofryke kompos materiaal sluit in dierebloed, hare en pels, dieremis, riool afval, vars gras en blare, vars vrugte en groente afval, groen dekgewasse, vars onkruid, seewier, gesnyde gras, ens.

Pasop vir materiaal wat vlieë en roofdiere kan lok, veral in statiese, stadige-kompos hope. Moenie vleis stukkies, steenkool of houtskool, troeteldier afval, siek plante of vette en olies gebruik nie.

Rioolafval en slyk kan swaar metale en patogene bevat. Verseker dat klaar kompos getoets is deur 'n betroubare laboratorium voordat dit gebruik word op eetbare gewasse.

Translated by Wilma Koeppen