Die Groei van Hennep

©Marinda Louw

Hemp (Hennep) - 'n soort Cannabis sativa met 'n lae vlak van die cannabinoïde THC - is 'n windbestuifde eenjarige plant met 'n penwortel. Dit word verbou vir sy produksie van lang vesel vir tekstiele, hennep sade vir olie en ander gebruike.

Onder optimale toestande ontkiem hennep binne drie tot vyf dae. Dit groei vinnig en vereis oor die algemeen ongeveer 120 dae om volwasse te word, verkieslik onder warm en beligde toestande. Die opbrengs van sade en biomassa (stingels en blare) is laer in donker en koeler klimate.

Hemp is 'n hoë-produksie gewas wat meer olie as grondboontjies kan oplewer en tot vier keer meer papierpulp as bome wat op dieselfde grote stuk grond groei. Hennep kan ook hidroponies geboer word (boerdery wat net water en noodsaaklike voedingstowwe gebruik en nie grond nie).

Grondvoorbereiding vir Hennep

Hennep groei die beste in goed gedreineerde leemgrond met 'n pH balans van tussen 6 en 7.5, met 'n oorvloed organiese materiaal - ten minste 3.5%. Digte, swak gedreineerde kleigrond is nie geskik nie en sandgrond se behoefte aan ekstra besproeiing en bemesting kan onekonomies wees.

Saadbedvoorbereiding is belangrik en dit is die beste om hennep sade wat ferm en fyn is tussen 2 - 3 cm diep te plant. Hemp is gevoelig vir ryp gedurende ontkieming en vereis water gedurende die eerste ses weke na aanplanting.

Bevrugting van hennep moet gebaseer wees op grondontledings, maar in die algemeen word die byvoeging van stikstof, kalium, fosfor en swael aangeraai. Kalsium moet nie meer as 6 000 dpm wees nie.

Wanneer om Hennep te Plant

Volgens die Landbounavorsingsraad se instituut vir industriële gewasse fasiliteite is die hennep plant sensitief vir kort daglengtes. Daarvolgens is die datum vir aanplanting 'n belangrike faktor om hennepvesel se produksie te optimaliseer.

Hennep vereis lang, warm somers en 'n dag-lengte van tussen 14 en 16 uur. ʼn Vroeë plantdatum soos vanaf Oktober - November in die Oos en Wes-Kaap sal lei tot hoog groeiende plante met hoër vesel opbrengste. Kort dae veroorsaak vroeë blom en verminder blaar groei wat op sy beurt verminderde vesel produksie skep.

Plant Breedte van Hennep

©Ahmed Jamaloodeen

Ry spasiëring en saaidigtheid (hoeveel sade om te saai in 'n spesifieke area) is belangrike faktore in hennep produksie omdat hulle die groei produksie en vesel biomassa opbrengs van die hennep plant beïnvloed, sê die LNR. Hoë saaidigtheid en smal spasiëring tussen die rye sal hoog-groeiende plante met lang vesels en minder saad produseer. Die plant breedte en digtheid word bepaal deur die tipe van hennep bv. olie, vesel of saad hennep. Digtheid van saadproduksie van hoë gehalte Europese, dubbeldoel-kultivars is minder as kort oliesade hennep kultivars.

Peste en Siektes Van Hennep

Hennep is maklik om organies te groei. Dit verg min indien enige plaagdoders omdat dit vinnig groei en min peste lok. Trouens, die oes maak 'n paar onkruid dood, reinig die grond en is geskik vir wisselbou as gevolg van sy kort oes siklus van sowat 120 dae.

Hennep kan verbou word as 'n wisselbougewas met graangewasse soos boontjies, koring en lusern om patogeen (siekteveroorsakend) en siekte opbouing te voorkom. Studies in Kanada het aangedui dat hennep nie na canola, sojabone of sonneblomme geplant moet te word nie as gevolg van die risiko van Sclerotinia stamvrot (wit vorm).

Om Hennep te Oes

Om hennep vir vesel te oes is makliker as om hennep vir die hennep saad te oes. Om hennep wat vir die vesels gegroei word te oes kan die implemente wat gebruik word vir die oes van voergewasse gebruik word, wat oor die algemeen sonder groot veranderinge goed presteer.

ʼn Reguit sekel grassnyer is die mees geskikste vir die oes van hennep vir tekstiel gebruike. Hierdie gereedskap sny blare sodat die stingels ongeskonde bly, netjies uitgelê en direk georganiseer op die grond. Hooi sekels werk nie goed nie omdat die lang stingels om die katrol draai. Dit moet nie korter as 10 cm bo die grondoppervlak gesny word nie.

Hennep (vir saadproduksie) is gereed om geoes te word wanneer die saad skutblare opgedroog en die sade blootgestel is. Ryp sal die droging proses bystaan ​​en oor die algemeen, sal daar geoes word 'n paar dae nadat dit geryp het. ʼn Gemiddelde opbrengs van 750 kg/ha word in Kanada behaal.

Permitte om Hennep te Groei

Hennep boere in Suid-Afrika voer sade in en moet 'n spesiale permit hê om voorsiening te maak vir die invoer van 'n "verbode” stof. Saad permitte word uitgereik deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF). Hulle word slegs toegelaat om die gesertifiseerde saad van 'n goedgekeurde variëteit wat minder as 0,1% THC het te plant. Sade word verkry vanaf die Tsjeggiese Republiek, Spanje, die VSA en Frankryk.

Die permitte om hennep in Suid-Afrika te groei val tans onder 'navorsing' en is nie beskikbaar vir die kommersiële produksie van hennep nie. Voornemende hennep boere moet navorsing voorstelle met hul aansoeke indien. Aansoekvorms kan verkry word by die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) se kantore en sal R902 (2019) kos.

In Kanada moet hennep boere wat toestemming nodig het om hennep te groei GPS koördinate van die hoeke van die hennep produksie areas voorsien, 'n kaart van die hennep produksie gebiede wat landmerke en paaie aandui, die naam van die hennep variëteit wat verbou word en polisie-sekuriteit veiligheidsmaatreëls instel.

Translated by Wilma Koeppen