Bestuurspraktyke vir Lietsjies

©HL Halls and Sons Group

Bestuurspraktyke in lietsjie boerdery hang af van die bestuurstyl, die intensiteit van boerdery en op die kultivar. Dit kan bemesting, besproeiing, snoeiing, omring van die bome, gewasbeskerming en na-oes swaweldioksied behandeling insluit.

Meer gedetailleerde advies kan gevind word deur die aansluiting by lietsjie studiegroepe en van betroubare landbou-adviseurs. Die Suid-Afrikaanse Lietsjie Groeiers Assosiasie (SALGA) ondersteun en bestuur lietsjie produksie en bemarking in Suid-Afrika en kan help met raad oor bestuurspraktyke vir lietjies.

Boorde Bestuur Aksies vir Lietsjies

Lietsjie bome se oorsprong is vanaf die tropiese woude van Suid-China. In die subtropiese produksie streke van Suid-Afrika maak suksesvolle lietsjie produksie staat op besproeiing. Die tipe en frekwensie van besproeiing kan afhang van boom ouderdom, klimaat en grondtipe. Beide drup en mikro-jet besproeiing word in Suid-Afrika gebruik.

Soortgelyk aan besproeiing is bemesting een van die belangrikste faktore vir 'n hoë lietsjie produksie. Nuut oorgeplante bome moet slegs bemes word nadat hulle hul eerste blare geproduseer het. Vir die eerste twee jaar moet kunsmis aanwending in agt gelyke aanwendings verdeel word gedurende die groeiseisoen (September tot April). Daarna word die aanwendings verminder.

Bevrugting vir draende bome word gewoonlik gedoen na oes, veral tydens die na-oes groei proses, wanneer lote voor die blomme en vrugte verskyn terwyl die lietsjie boom in 'n water en voeding eis tydperk ingaan. Kunsmis aanwendings moet gedoen word volgens grond- en blaarontledings en plant voedingkundiges of landbou adviseurs kan help met 'n bemestingsprogram.

Tydens vrugontwikkeling moet plaagbeheer maatreëls toegepas word om oesverliese as gevolg van lietsjie mot, valskodlingmot en vrugtevlieë te verminder.

Die groei van vrugte kan verbeter word deur genoegsame besproeiing en bemesting, sowel as plantgroeireguleerders en geringeleer tydens vroeë vrugontwikkeling. Net so kan behoorlike besproeiing en bemesting vrugval en sonbrand verminder. Skadunette wat die hele boord bedek word in die lietsjie bedryf aangebring met goeie sukses, en kan sonbrand asook die gevolge van 'n onverwagte klimaat verminder.

Bedekking van lietsjie vrugte trosse met papiersakke word gedoen om sonbrand te verhoed, die kraak van vrugte te verhoed en skade as gevolg van vrugtevlieë, lietsjie motte, vlermuise en voëls te bekamp. Hierdie arbeidsintensiewe proses, wat gehalte kwessies soos vorm en onvoldoende kleur veroorsaak, word nou vervang deur ander bestuur-aksies. Dit sluit in behoorlike bemesting, gee van water en sonbrand voorkoming asook die gebruik van nette om voëlskade te verminder.

Waar nodig moet na-oes besnoeiing onmiddellik gedoen word veral vir laat lietsjie kultivars. Vrugte stingels wat gelos is na die pluk van die vrugte moet ook nou verwyder word.

Lietsjie bome moet 'n rus fase (dormansie) betree voor blom om voldoende reserwes op te bou vir die blomseisoen. Weerhouding van water van Maart tot Mei, na gelang van die produksie area, kan gebruik word om dormansie af te dwing maar is nie altyd effektief nie afhangende van die klimaatstoestande bv. laat reën in Maart en April. By die toepassing van water streshantering is dit belangrik om nie toe te laat dat die bome heeltemal uitdroog nie.

Enige vegetatiewe groei wat in die herfs of vroeë winter verskyn sal blomme verminder of selfs voorkom en moet beheer word deur die toepassing van die plantgroeireguleerder ethephon wat die jong blaar lote doodmaak en blom ontwikkeling in staat stel sodra temperature voldoende genoeg gedaal het.

Alhoewel dit nie wyd gebruik word nie kan geringeleer van lietsjie bome in die middel van Maart gedoen word. Dit is die tydperk wanneer die na-oes vegetatiewe groei van lote, wat verhard het om vegetatiewe groei te beperk tydens die pre-blomperiode, geskied. Hierdie behandeling is nie altyd doeltreffend genoeg om die groei van nuwe lote te stop nie en moet dus opgevolg word deur die aanwendsel van ethephon.

Oes en na-Oesbehandelings vir Lietsjies

©Louise Brodie

Lietsjies is 'n nie- klimakterium vrug wat nie verder ryp word nadat dit gepluk is nie. Oes volwassenheid word bepaal deur kultivar spesifieke vrug kleur, vorm, vel tekstuur en geur. Totale oplosbare vastestowwe (TOVS) en titreerbare suur (TA) van die vrugte pulp word bepaal en hul rantsoene bereken voor die oes vir 'n meer akkurate meting van volwassenheid. Die bedryf se minimum standaard vir volwassenheid is 'n TSS tot TA verhouding van 25:1.

Lietsjie bome word oor die algemeen met die hulp van lere gepluk of outomatiese pluk sleepwaens om by groot bome uit te kom. Pluk word gewoonlik tydens die koelste tyd van die dag gedoen verkieslik in die oggend. Ten einde uitdroging en verbruining van die vrugte se skil te voorkom moet die oes vrugte ten alle tye koel gehou word en kratte moet deur blare of nat goiingsakke in die boord gedek word tydens vervoer en by die pakstoor.

Tydens die oesproses word beskadigde of gesteekte vrugte in die boord uitgesorteer en net gesonde vrugte word na die pakstoor gestuur. In die pakstoor word lietsjies oor die algemeen met swaeldioksied, 'n antioksidant wat vel verbruining voorkom en swaminfeksies beperk wat sal lei tot 'n verkorte raklewe, bespuit. Vrugte wat per lugvrag gestuur word word dikwels ook behandel met organiese sure na swael bespuiting om voorsiening te maak vir 'n vinniger terugkeer van die rooierige velkleur.

Na bespuiting en/of suur behandeling word lietsjies gesorteer volgens grootte. Vir beide ‘Mauritius’ en ‘McLean’s Red’ is die minimum vrugte deursnee vir uitvoer 30 mm en vir die plaaslike mark 28 mm.

Afhangende van die mark word die vrugte verpak in óf 2 kg kartondose of kleiner plastiek bakkies. Vir langtermyn stoor kan kartondose met lietsjies met 'n stadige-vrystelling van swaeldioksied vel bo-op die vrugte verpak word.

By kamertemperatuur is die raklewe van onbehandelde lietsjie vrugte slegs 'n paar dae. Lietsjies sal uitdroog en die vel sal bruin raak as gevolg van dehidrasie. Wanneer die vrugte in verseëlde bakkies verpak is en verkoel is tot by 4ºC kan dit tot twee weke behoue bly. Sodra dit met swael bespuiting behandel is kan vrugte tot vyf weke behoue bly by 1ºC.

Beperkinge in Lietsjie Boerdery

Lietsjie produksie in Suid-Afrika word meestal in die wiele gery deur onvoldoende opbrengste wat veroorsaak word deur wisselvallige blom en min vrugte. Maar met goeie boord bestuurspraktyke kan opbrengste van tot 20 t/ha bereik word.

Verandering van seisoenale weerpatrone weens klimaatsverandering het 'n toenemende impak op lietsjie produksies. Verligting van die gevolge van klimaatsverandering deur die aanpassings van boord bestuurspraktyke sal die sleutel tot volhoubare produksie van vrugte met 'n goeie vrugkwaliteit in die toekoms wees.

Translated by Wilma Koeppen