Avokado's

© Photo courtesy of the California Avocado Commission

Dit is ʼn veelsydige en voedsame vrug wat in die vogtige subtropiese streke van Suid-Afrika geproduseer word veral in die Limpopo en Mpumalanga provinsies gedurende die maande van Maart tot September.

Wat is 'n Avokado?

©Liz West

Die avokado (Persea americana) is ook bekend as die krokodil peer, aguacate en palta in Spaans, en avocado in Engels. Geprys deur antieke Sentraal-Amerikaanse beskawings vir sy voedingswaarde en geslagsprikkelende eienskappe kan die naam "avokado" afgelei word van die Aztec woord 'ahuacatl' wat 'testikel’ beteken.

Die avokado is 'n subtropiese voedingsryke vrug met 'n groen skil en 'n enkele harde neut. Die lig-groen tot roomkleurige botteragtige vlees bevat dieetvesel (die hoogste van enige vrugte), mono-onversadigde vet en meer as 20 vitamines. Avokado’s bevat ook folaat, vitamien K, pantoteensuur en koper sowel as 6% van die aanbevole daaglikse waarde vir vitamien E, 4% vir vitamien C en die karotenoïede luteïen en zeaxanthin.

Avokado's word meestal vars geëet en kan verwerk word om 'n uitstekende gehalte mono-onversadigde olie te verskaf sowel as avokado pulp wat hoofsaaklik gebruik word om guacamole voor te berei en kan ook in stukke gesny en gevries word.

Produksie van Avokado's

©Photo courtesy of the California Avocado Commission

Die vinnig groeiende avokado boom is 'n digte immergroen boom geskik vir koel en vogtige toestande van subtropiese klimate. Die boom is gevoelig vir ryp en te min water en 'n jaarlikse reënval van 1 000 mm is wenslik. Avokado's word nie ryp terwyl hulle op die boom is nie en moet gepluk word as hulle groot en volgroeid is. Dit sal ryp word binne een tot twee weke teen kamertemperatuur en moet nie by temperature laer as 5.5°C gehou word nie. Rypwording kan bestuur word deur die atmosfeer te beheer terwyl dit gestoor en vervoer word.

Polle van 200-300 geel-groen blomme verskyn in die somer maande en word bestuif deur bye en ‘hoverflies’, maar net twee of drie blomme ontwikkel tot 'n vrug.

Geskiedenis van die Avokado

Die avokado het vermoedelik ​​in Mexiko ontstaan vanwaar verbouing waarskynlik suidwaarts versprei het deur Sentraal-Amerika na Peru en daarvandaan na die Wes-Indiese Eilande. Sy bekendstelling aan die res van die wêreld is waarskynlik aangehelp deur Europese handelaars rondom 1519.

Daar word geglo dat die eerste avokado saailinge óf deur handelaars of vroeë setlaars na Suid-Afrika gebring is. Vegetatiewe voortplanting van avokado’s het in Amerika in die 1890s begin en die eerste kommersiële aanplantings is in Israel in 1908 begin met die eersgenoemde kultivars Fuerte en Dickinson wat in 1924 geplant is.

Geskiedenis van die Avokado Produksie in Suid-Afrika

©Chris Wessels Photography

Die produksie van die avokado is in Suid-Afrika in die 1930s begin deur Dr Hans Merensky  wat die eerste avokadoboorde by Westfalia Landgoed in die Limpopo-provinsie gevestig het. Hierdie maatskappy se tegniese afdeling: Westfalia Tegnologiese Dienste (WTS) het nou die wêreld se grootste privaat befondse subtropiese vrugte navorsing organisasie geword.

Die Suid-Afrikaanse avokado bedryf het gegroei van 2 000 ha in die vroeë 1970s tot 12 000 ha in 2003. In Januarie 2019 is daar sowat 17 500 ha in Suid-Afrika geplant met 'n geskatte toename van minstens 1 000 ha tot 1 500 ha wat jaarliks geplant sal word.

Die Suid-Afrikaanse Avokado Growers Association (SAAGA) is in die laat 1960s gestig om die produksie en bemarking van avokado’s te verbeter. SAAGA se lidmaatskap van meer as 500 produsente maak meer as 95% van Suid-Afrika se avokado uitvoer produksie uit.

Translated by Wilma Koeppen