Appelproduksie

Globale Produksie

©Louise Brodie

Appels is een van die gewildste en wydste geproduseerde vrugtesoorte. Hulle word gekweek in gematigde streke oral deur die wêreld, in beide die Noordelike en Suidelike Halfrondes. China is die wêreldleier in appelproduksievolumes en produseer jaarliks meer as 40 miljoen ton, gevolg deur die VSA. Hoewel appelproduksie seisoenaal is, is appels heeljaar beskikbaar op internasionale markte weens globale uitvoervoorrade.

Suid-Afrikaanse Produksie

©Louise Brodie

Appels word al sedert die 1880’s kommersieel in Suid-Afrika geproduseer en is vanaf die 1890’s na die Verenigde Koningkryk uitgevoer. Aanvanklik is boorde slegs ontwikkel in die Wes-Kaapse sagtevrugte-produksiestreke, maar met verloop van tyd word appels oor die hele Suid-Afrika geproduseer.

Produksieareas

©Louise Brodie

Die Wes-Kaap is tradisioneel die grootste appelproduksiestreek en produseer meer as die helfte van al die appels in die land. Die grootste appelproduksiestreke is geleë rondom die Wes-Kaapse dorpies Ceres, Wolseley, Elgin en Villiersdorp. Die Langkloofstreek lê in die Suid-Kaap en vorm die grens tussen die Wes en die Oos-Kaap en produseer ongeveer 20% van die land se appels.

Daar is ook kleiner, maar groeiende produksiestreke verder noord in die land in die Vrystaat, Mpumalanga en Limpopo Provinsies. Die boorde in hierdie streke is oor die algemeen nuwer as dié verder suid, omdat appelproduksie eers nie hier haalbaar was nie weens hael wat dikwels voorkom. Die gebruik van haelnette het hierdie problem egter uitgeskakel. Hierdie streke lewer die vroegste appels van alle produksiestreke in die land, en aangesien hulle reeds teen laat Desember begin appels lewer, is hulle appels hoog in aanvraag gedurende die Desember-vakansieseisoen.

Variëteite

©Louise Brodie

Die vernaamste variëteite wat in Suid-Afrika geproduseer word is Golden Delicious (24%), Royal Gala/Gala (17%), Granny Smith (15%), Cripp’s Pink en Pink Lady® (11%), Topred/Starking (11%), Fuji (9%), Cripp’s Red, Joya® (5%) and Braeburn (3%).

Seisoen

©Louise Brodie

Die Suid-Afrikaanse appel-oes begin met die eerste klein volumes in Desember. Die piek van die oesseisoen is vanaf laat Januarie tot Mei. Hoewel die oesseisoen eindig in laat Mei, word die ge-oeste appels vir weke veilig geberg in gekontroleerde toestande en plaaslike verkoop en uitgevoer tot November.

Verkope

©Eric Miller
©Eric Miller
©Eric Miller

Die Suid-Afrikaanse appelbedryf is hoofsaaklik gefokus op die uitvoermark, maar voorsien ook Suid-Afrika en omringende lande van gehalte vrugte. Die grootste mark vir Suid-Afrikaanse appels is die snel-groeiende Afrika-mark (30%). Dit word gevolg deur die Verre Ooste en Asië (31%), die VK (18%), Midde-Ooste (7%) en Europa (6%). In die verlede was Europa en die VK tradisioneel die grootste markte vir Suid-Afrikaanse appels, maar die groeiende aanvraag uit Afrika en Asië het ‘n verskuiwing in die mark laat ontwikkel oor die afgelope twee dekades.

Gebruike

©Ann Gadd

Appels is voedsaam en het ‘n goeie veselinhoud. Die vrugte en skille is eetbaar en slegs die pitjies en stronk word gewoonlik weggegooi. Appels word vars/rou geëet of in slaaie gebruik, of gekook vir souse en konfyt en gebruik in gebak. Appels word ook versap vir appelsap, appelkonsentraat of sider. Appels word ook ingelê en gedroog.

Translated by Elna Van Rhyn