Antioxidant Vlakke van Inheemse Vrugte

© Louise Brodie
'n Interessante studie deur die Suid-Afrikaanse Joernaal van Kliniese Voeding het inheemse Suid-Afrikaanse vrugte vir hul antioksidant vlakke en -aktiwiteit geëvalueer en die resultate vergelyk met die bloubessie en bosbessie, wat beide besing word vir hul hoë vlakke van kragtige antioksidante.
Die vlakke van antioksidante was van hoog na laag: wilde pruim (Harpephyllum caffrum), wilde olywe (Olea europaea subsp. Africana), Kaapse somer bloubessie (‘Cape sumac’ of Osyris compressa, ook genoem wurgbessie), aambeibossie (Chironia baccifera), kruisbessie (Grewia occidentalis), waterbessie (Syzygium cordatum), bosbessie, skilpadbessie (Muraltia spinosa), bietou (Chrysanthemoides monilifera), num-num (Carissa macrocarpa) en die suurvy (Carpobrotus edulis). Antioxidantryke bloubessie en bosbessie is onderskeidelik in die vyfde en negende plek.
Dit is bewys dat deur so min as 25 g wilde pruim, waterbessie, num num of suurvye te eet, die daaglikse antioksidantinname kan verhoog. Hierdie vrugte word tradisioneel deur landelike gemeenskappe in Suid-Afrika geëet.
Antioksidante is nodig in die liggaam om vrye radikale uit die bloed te neutraliseer en te verwyder. Verhoogde vlakke van antioksidante in jou dieet kan die liggaam beskerm teen hart-, oog- en geheueprobleme sowel as gemoedsversteurings en verminder die risiko van infeksies.

Mediese Vrywaring

Die inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes en mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie. Dit is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Hazel Oliver