Aanplanting van Grasuie

© Louise Brodie

Voortplanting

Sade word vir grasuie se voortplanting gebruik. Plante en bolle kan ook verdeel en uitgeplant word op dieselfde manier as die saailinge.

Plant Metodes

Groot kommersiële produsente sal grasuie saailinge aanplant of direk saai. Die sade word ongeveer 1.5 mm diep aangeplant. Grasuie sade ontkiem en kom op in ongeveer sewe tot tien dae. Die saailinge kan in die veld oorgeplant word ná sowat vier tot vyf weke. Indien daar direk gesaai word, is dit raadsaam om twee keer meer as die vereiste te saai en dan uit te dun indien nodig. Aanplanting word deur meganiese planters of met die hand gedoen, na gelang van die grootte van die operasie.

Spasiëring

Plant grasuie sowat 15 cm uitmekaar in rye wat 20 cm van mekaar af is. Sowat 400 000 grasuie plante per hektaar kan geplant word. Implementeer en trekker paaie word net so gelos vir die bestuurspraktyke en wanneer daar geoes word. 

Saaityd

Saai grasui sade direk in die veld in die vroeë lente of herfs. In Suid-Afrika is dit vroeg in September of April. Bestaande plante kan ook verdeel en uitgeplant word.

Groei Periode

Kommersiële produsente begin met die oes van vars grasui blare van so vroeg as 5 weke nadat dit gesaai is. Die grasui plante kan vir solank as twee tot drie jaar geoes word en moet dan verdeel en uitgeplant word. Sommige kommersiële produsente sal saailinge jaarliks plant.

Bevrugting

Voor aanplanting moet 'n grondmonster geneem en gestuur word vir ontleding. Dit sal die grondtipe en voedingsbehoeftes vir die beoogde oes identifiseer.

Die volgende aanbevelings kan as 'n rowwe gids gebruik word in die afwesigheid van grondontleding. ʼn Aanvanklike 300 kg toepassing van 3:1:5 bemesting kan uitgesaai en opgeneem word in die boonste 15 cm tot 20 cm van die grond voor daar gesaai word. Dit sal die nuwe plante 'n goeie begin gee om hulself te vestig. Dit is die beste om die groei eers te monitor en dan te besluit of verdere stikstof nodig is om groei te stimuleer. ʼn Soortgelyke aantal sproeibemesting kan aangewend word deur drupbesproeiing na sade ontkiem en plante opgekom het. Bemes met 250 kg LAN per hektaar na elke oes afgesny is.

Besproeiing

Die meeste kommersiële grasui produsente installeer drupbesproeiing omdat dit die beste manier is om grondvogbestuur te monitor. Om vars blare te produseer, moet jy seker maak dat die plant voldoende besproei is. Moenie oorbesproei nie, omdat dit gloeilamp siektes of siek blare kan veroorsaak. Dit is dus beter om vog meettoestelle te installeer om voortdurend die grond te monitor.

Afhangende van die grondtipes en die weer, is 'n goeie besproeiings gemiddelde van tussen 25 en 30 mm per week tydens die warm somermaande, en die vermindering van besproeiing gedurende koeler of reën maande van die jaar nodig. Swaarder grond tipes kan elke twee weke water kry. Probeer om direkte besproeiing voor oes te verhoed, maar besproei onmiddellik na oes om die optimale voginhoud te herstel as jy die plant wil stimuleer om weer te produseer.

Translated by Wilma Koeppen