Grasuie Oes Bestuur

© Louise Brodie

Opbrengs

Gemiddelde opbrengs per hektaar is sowat 16 ton.

Oestyd

Kommersiële grasuie word meganies geoes. Op kleiner produksie-eenhede en in kweekhuise kan dit met die hand gedoen word, alhoewel dit baie duur kan raak.

Begin oes in die oggend wanneer die temperatuur nog koel is, maar na die blare droog is. Die oes van die buitenste blare kan begin so vroeg as 10 weke na die aanplant van die saad. 

Groter kommersiële produsente sal langer moet wag en die hele klomp terselfde tyd oes deur die bosse ongeveer 3 tot 5 cm bo die grond af te sny, en trosse te maak van die verlangde grootte. As dit gedoen word met die hand kan die buitenste blare eers gepluk word of die hele spul kan gesny word en in groottes gesorteer word.

Stoor

Vars produksie: Na die oes moet die vars grasuie gestoor word teen 2°C. Die vars grasuie kan gestoor word vir ongeveer 5 tot 7 dae. Dit is belangrik om die blare droog te hou in verseëlde sakke. Vars kruie verloor vinnig hul kulinêre smaak, so dit is die beste om vars gesnyde grasuie so gou as moontlik te bemark en te gebruik. Vars grasuie kan ook gekap en bewaar word in lugdigte sakkies in 'n vrieskas.

Dit is die beste om 'n gewasbeskerming plan te volg soos voorgeskryf deur 'n voorligtingsbeampte of landboukundige. Plaaslike chemiese handelaars het oor die algemeen die regte programme of kan inligting verskaf oor die beste adviseurs beskikbaar in die nabyheid van die produksie area.

Peste

Plantluise, Sny Wurms, wortel maaiers en Blaaspootjies is 'n paar algemene peste.

Siektes

Botrytis, Downey Skimmel, Pienk verrotting en bruin verrotting.

Translated by Wilma Koeppen