Vye

© Weltevrede Fig Farm

Deel van 'n genus van tussen 750 en 800 aangetekende spesies, is die 'eet vy ‘Ficus carica’ uniek. Die res van die genus is meestal tropiese 'rubber' bome met oneetbare vrugte. Die wêreld se grootste produsent van vars en gedroogde vye is Turkye, maar Suid-Afrika produseer ook vars vye vir uitvoer, wat omtrent 0,12% van die produksie in die wêreld uitmaak.

Smaak van Vye

©Eric Hunt

Afhangende van die vye variëteit, kan vye in drie basiese geure geklassifiseer word nl. bessies, heuning, en suiker (plein). Die kleur van die vye se vlees het meer te doen met die geur van die vye as die kleur van sy vel. ‘Suiker’ vye is geneig om goudkleurige of bruin vlees te hê terwyl 'bessie' vye rooi tot pers vlees het. 'Heuning' vye het gewoonlik ligte skille met geel vlees.

Gebruike van Vye

©Weltevrede Fig Farm

Vye word meestal vars geëet - met of sonder vel. Vye word in die kombuis gebruik by slaaie en nageregte, gekombineer met jogurt vir ontbyt of met kaas vir kaasborde. Hulle word dikwels bedek met brandewyn, rum en likeur of balsamiese asyn en heuning, maar laegraadse vye kan ook gebruik word om alkohol te distilleer.

Breba of vroeg in die seisoen vye word hoofsaaklik gebruik word vir preservering om 'n gewilde "groenvye" konfyt voor te berei. 

Vye kan suksesvol gekombineer word met grenadellas, gebruik word in blatjang en slaaisouse en bewaar word in brandewyn.

Vye kan ook gedroog word maar die meeste gedroogde vye wat beskikbaar in Suid-Afrika is word uit Turkye ingevoer. Vye word ook verwerk tot gedroogde vrugte rolle.

Daar word ook gesê dat gedroogde vye gebraai en gebrou kan word as 'n koffie plaasvervanger en dat eetbare olie verkry kan word van die vye se sade.

Die geurige vyeblare word in die kombuis gebruik om bestanddele in toe te draai en dit dan te bak of stoom. Dit verleen 'n rokerige vrugte smaak en klapper geur. Vyeblaar stroop word gebruik vir glasuring van vleis, in mengeldrankies en in jellies.

Voordele van Vye

Vye, veral die pers variëteite, bevat dieetvesel, vitamien B6, magnesium, kalium, kalsium, mangaan en antioksidante.

Vyeblare en die wit melkerige 'vyeboom sap' het blykbaar medisinale voordele soos die verlaging van bloedsuiker vlakke en bloeddruk en kan ook anti-kanker eienskappe hê. Vyeblare kan ook gebruik word om 'n tee te maak om brongitis te behandel.

Wetenskaplike studies het ook getoon vye is effektief vir die behandeling van 'n verskeidenheid van veltoestande insluitend vratte. Die eet van vars vye het ook blykbaar 'n lakseermiddel effek.

Let wel: Inligting is slegs vir opvoedkundige en inligting doeleindes en mag nie as mediese advies gebruik word nie. Die inligting is nie bedoel om mediese advies of behandeling wat aangebied word deur professionele verskaffers van gesondheidsorg te vervang nie.

Translated by Wilma Koeppen