Soos die wêreld meer stedelik raak en mense verder weg van voedsel-produseerende areas leef is daar 'n neiging in die rigting van waardetoevoeging tot rou landbouprodukte. Sap is 'n vorm van waardetoevoeging en is 'n uitstekende manier om die raklewe van 'n vrug of groente te verleng. Dit voeg ook meer voedingstowwe en vloeistowwe by tot die hedendaagse dieet.
Versapping is die proses waartydens vog en voedingstowwe uit plantmateriaal soos vrugte en groente onttrek word deur meganies en/of chemies prosedure deur die papdruk van die selwande van die produk.
Sap kan 'n vorm om waarde toevoeg tot 'n boer se produk. Dit behels wel streng gehaltebeheerde maatreëls soos behoorlike voorbereiding van grondstowwe, voedselveiligheid, behoorlike higiëniese verpakking en koelkamers om ten einde 'n voedsame, smaaklike en veilig eindproduk te produseer.
Translated by Wilma Koeppen