Sap en Gesondheid

Vars gedrukte sap is ryk aan 'n verskeidenheid van immuunversterkende agente, maar verwerking soos koue, vermenging en pasteurisasie kan lei tot veranderinge in voedingstowwe, kleur en geur met 'n gevolglike vermindering in die voedingswaarde van die produk.

©Vivek Pathak

Sap as Medisyne

Die “Gerson Terapie" is 'n terapie wat deur Dr Max Gerson ontwikkel is in 1930. Dit was eers gebruik om sy eie hoofpyn te behandel en later vir die behandeling van kankerpasiënte. Dit is 'n natuurlike behandeling wat die liggaam se genesingsvermoë deur 'n plant-gebaseerde dieet van rou sappe, natuurlike aanvullings en koffie enemas, aktiveer. Sappe is uurliks ​​geneem vir tot 13 uur per dag en oorstroom die liggaam met maklik-om-te absorbeer vitamiene en ensieme.

Ander studies het ook die genesende krag van vars sap bevestig. Pasiënte met maagsere is behandel met vars kool sap, wat 'n anti-peptiese ulkus faktor bevat. Hierdie faktor (vitamien U) affekteer genesing in 7.3 dae in vergelyking met 42 dae vir die kontrole groep. Vitamien U verdamp binne minute en moet onmiddellik ingeneem word.

Ajoervedisme praktisyns gebruik vrugte, groente en kruie sappe gemeng met melk en heuning om sap geneesmiddels te skep. Lemoen en lemmetjiesap gemeng met sout voorkom moegheid en daar word geglo dat beet of druiwesap die bloed 'herstel'. Uie en radyse word veral vereer in die Ajoervedisme genesing tradisies. Radys sap word byvoorbeeld gebruik vir die behandeling van maagpyn en dit kan die niere reinig om galstene te voorkom.

Voordele van Sap

Voedingstowwe in sap sluit in gesuiwerde water, vitamiene, ensieme, minerale, proteïene, chlorofil en phytonutriënten soos karoteen en likopeen, beide kleurstowwe wat gevind word in rooi en oranje vrugte en groente.

Sap help die liggaam om te hidreer - water help die liggaam om koolhidrate te verwerk en gee 'n hupstoot aan metabolisme. Vars sap is ryk in oplosbare vesel wat 'n goeie bakteriële groei in die spysverteringskanaal ondersteun en dit bevat ook antioksidante. Antioksidante beskerm teen skade wat veroorsaak word deur onstabiele molekules wat natuurlik in die liggaam voorkom. Donker-gekleurde vrugte en groente - bv. bloubessies en beet - bevat meer antioksidante.

Vars uitgedrukte sap wat so gou as moontlik na verwerking gedrink word is die gesondste opsie en het meer vitamiene, minerale en ander voeding verbindings as gebottelde of vooraf verpakte vrugtesap. Hierdie tipe sap bevat dikwels preserveermiddels of is verwerk in 'n manier wat die voedingswaarde van die sap verminder.

Sap en Suiker

Volgens die Suid-Afrikaanse Vrugtesap Assosiasie (SAFJA) is die natuurlike suiker inhoud van vrugte tussen 8% en 12%, maar kan wissel afhangende van die tipe van vrug en rypheid. Vrugte met 'n hoë in suikerinhoud sluit in dadels, vye, druiwe, mango's en granate.

Dikwels word suiker in die vorm van sukrose stroop by vrugtesap bygevoeg om dit te versoet. Dit is goedkoper as die vermenging vat 'n natuurlike soet sap soos appel, peer of druiwesap. Fruktose is 'n natuurlike suiker gevind in vrugte wat kan help om bloedsuikervlakke te normaliseer.

Vir mense wat sensitief is vir suiker inname word dit dikwels aanbeveel om verdunde vrugtesap met water in te neem, terwyl diabete hul gesondheids praktisyns moet raadpleeg vir raad oor hoe om die meeste voordeel te trek uit die inname van vrugte en vrugtesap.

Translated by Wilma Koeppen