Versapping van Vrugte en Groente

©Joanna Slodownik

Die versapping van vrugte en groente is ouer as landbou self. Jagter-versamelaar mense het ryp vrugte versamel in eenvoudige voorwerpe gemaak van organiese materiaal, en deur die vervoer van hierdie ryp vrugte het dit sap opgelewer, dikwels 'n gegiste (bv. wyn) of geoksideer (bv. asyn) produk.

Met meer gevorderde gereedskap het meer gesofistikeerde metodes van versapping ontstaan en as gevolg van daarvan het houers ontwikkel.

Moderne versapping behels versigtige landbou beplanning, behoorlike na-oes hantering van vrugte of groente groente, behoorlike higiëne en voedselveiligheid, asook doeltreffende verpakking, stoor en vervoer van die vrugte of groente.

Die gewildste vrugte vir vrugtesap is lemoene, appels, druiwe en pynappels. Tamatiesap en tamatie versnitte is verantwoordelik vir meer as 90 persent van die nie-vrugtesappe se handel.

Sappe in Suid-Afrika

In Suid-Afrika ondersteun die Suid-Afrikaanse Vrugtesap Assosiasie (SAFJA-in Engels) die ontwikkeling en bevordering van die Suid-Afrikaanse vrugtesap bedryf en stel belang in die verhoogde verbruik van sy produkte en die groei van die bedryf.

Suid-Afrika verwerk sowat 1 miljoen ton vars vrugte in sap produkte, waarvan appel konsentraat en lemoensap die mees geproduseerde produkte is. Ander vrugte wat gebruik word vir sap in Suid-Afrika is druiwe, pynappels, mango's en sagtevrugte soos pere en perskes.

Sowat 40% van Suid-Afrikaanse sappe word uitgevoer na die vasteland van Afrika met uitvoere na internasionale kopers wêreldwyd in die vorm van grootmaat konsentrate, asook kleinhandel verpakking. 

Wêreld Sap Produksie

Wêreld sap produksie het gegroei oor die afgelope dekade, met ontwikkelende lande wat tot meer as 60 persent van vrugtesappe se uitvoer bydra. Dit sluit in Viëtnam (tropiese sap en pynappelsap), Egipte (lemoensap), die Filippyne (klapper water en gekonsentreerde pynappelsap) en Peru (tropiese sap soos granadilla).

Indië is een van die wêreld se twee grootste produsente van vrugte en groente, maar net 'n geskatte 1,5% word dit gebruik vir verdere verwerking en daar word beraam dat daar ongeveer 20% verlore gaan as gevolg van bederf.

Europa is die grootste invoerder (55%) van vrugtesap met Sentraal-en Oos-Europa asook Pole wat groei toon as sap uitvoerders.

Brasilië, en van die grootste sitrus produsente, is die wêreld se grootste produsent van sitrussap en verantwoordelik vir sowat 25% van die wêreld se produksie. Die VSA is tweede in die sitrus sap mark. Lemoensap produksie het na bewering gedaal met 24% tot 1,6 miljoen ton (2017/18) as gevolg van 'n tekort aan lemoene vir die verwerking in Brasilië en die Verenigde State van Amerika.

China en Pole is die wêreld se top verskaffers van appelsap, terwyl Duitsland die grootste invoerder van appelsap is. Argentinië is die voorstaande vervaardiger van druiwesap in die wêreld.

Pole is 'n belangrike produsent van framboos, swartbessie en Aronia pulp en puree, wat gebruik word om sogenaamde 'buitengewone' en gesonde vrugte sap produkte te produseer.

Eksotiese vrugtesap soos mango, waatlemoen, en kiwi is besig om meer gewild te word en 'n groeiende tendens na vegetarisme het tot 'n toename in vrugte sap versnitte gelei waarin wortel, beet, komkommer, spinasie, boerekool, pietersielie en ander kruie en groente ingesluit is.

Voordele van Versapping

Afgesien daarvan dat dit 'n gesonde bron van vloeistof is bied vrugtesap vitamiene en minerale, insluitend vitamiene B en C, folaat, kalium en antioksidante aan in 'n dieet. Sap kan ook gemeng en verryk word met voedingstowwe of fitochemikalieë om sy voedingswaarde te verhoog. Dikwels is vrugtesap versnitte ook meer smaakvol as die vrug self en die drink daarvan is soms meer gerieflik as die eet van die hele vrug (veral vir kinders).

Sap bied ook die doeltreffende benutting van gevlekte en swak gevormde vrugte wat nie geskik is vir die verkoop in 'n winkel sou wees nie.

Daarbenewens kan sap waarde toevoeg tot 'n boerdery-onderneming en is dit 'n manier om oorproduksie te benut. Dit vereis egter dat bykomende hulpbronne asook stoorplek, koue, verwerking en verpakking fasiliteite beskikbaar is.

Translated by Wilma Koeppen