Suurpruim is 'n Waardevolle Plant

© Bernard Dupont
Hierdie 3.5 cm rooi-oranje vrugte word Ximenia-caffra genoem, maar staan ook bekend as suurpruim, umThunduluka obomvu, morokologa, iTsengeni, motshidi, pepo, mutanzwa en Amanumbilo.
Die klein boom groei ook in Amerika en is vernoem na 'n Spaanse monnik Francisco Ximenez. Die 'caffra'-bietjie kom van die voormalige naam van 'n gebied in die Oos-Kaap - Kaffraria. (Ximenia caffra kan maklik verwar word met Ximenia americana, maar die blare van die X. americana is meer blougroen en die vrugte is geel in plaas van rooi.)
Die semi-parasitiese boom word gevind in die tropiese oostelike dele van Afrika waar dit wortelstelsel sterk groei. Dit verkies sonnige areas, is droogtebestand en kan ryp weerstaan. Die suurprium groei omtrent 50 cm per jaar en maak 'n goeie heining.

Die suur maar verfrissende vrug word geeët deur voëls, diere (soos kameelperde en bokke) sowel as mense wat dit gebruik om konfyt en nageregte voor te berei. Die rou suurpruim is die lekkerste om te eet as dit oorryp is, of wanneer dit effens uitdroog is. Die vrug is pruimvormig en wissel 'n geel tot donkerrooi kleur. Dit word geoes in die somerreënvalseisoen van November tot Maart. Bome kan 15-17 kg vrugte per jaar lewer.
Vrugte word dikwels in koue water geweek, dan word die vrugtepulp uitgedruk, gemeng met grondknolle en gekook in 'n pap. Die Zoeloe-volk druk die vrugte sag in water, dan word die sap gekook en met mieliemeel gemeng om 'n suur pap te maak. Suurpriumvrugte bevat hoë vlakke vitamien C, kalium (K) asook proteïen. Die vrug bevat 'n enkele saad met 'n olie-inhoud van 65%. Die olie word in skoonheidsmiddels gebruik om die vel te versag.

Meer as 60 mens-en dier kwale word behandel met die suurpruim plant, insluitend seksueel oordraagbare infeksies en malaria. Ander medisinale gebruike van suurpruim, sluit in:
ontsteekte oë en tonsillitis (afkooksel van die blare), as 'n middel vir diarree (infusie van die wortel) en genesing van abdominale pyn en bilharzia (infusie van wortel en blare).
Die poeierwortels genees blykbaar sere en TB-verwante siektes. Wanneer dit by bier gevoeg word, tree dit op as 'n afrodisiose. Daar word geglo dat die poeierblare onvrugbaarheid kan genees en koors breek. Die suurpruim word maklik gegroei van saad en word geplant in 'n 5:1 mengsel van riviersand en kompos.

Mediese Vrywaring

Die inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes en mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie. Dit is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Hazel Oliver