Suurlemoen Produksie

© Louise Brodie

Suurlemoene is oorspronklik van Suidoos-Asië en dié sitrusvrugte is sedert antieke tye vir hul antiseptiese eienskappe vereer. Dit is selfs gebruik as 'n teenmiddel vir sekere gifstowwe. In antieke Rome is suurlemoene gesien as 'n luukse item wat vir die rykes gereserveer is te danke aan sy genesende eienskappe, aangename geur en rariteit. Deur DNA-ontleding is dit vasgestel dat suurlemoene ontwikkel het uit 'n baster van suur lemoene en sitroene ('n lid van die sitrusfamilie wat soos 'n groot suurlemoen lyk).

Internasionale Produksie

©Louise Brodie

Indië is die top produsent van suurlemoene en is sedert 2018 verantwoordelik vir 17% van die wêreld se produksie, soos weerspieël deur Tridge. Mexiko is in die tweede plek met 14% van produksie, gevolg deur China met 13.2%.

Spanje is die grootste uitvoerder van suurlemoene met byna 18% van die totale uitvoere in 2018. Mexiko neem die tweede plek in met ongeveer 16% van uitvoere. Turkye en Suid-Afrika is onderskeidelik verantwoordelik vir 9.6 en 9.4% van die totale uitvoere.

Die Verenigde State van Amerika is die grootste invoerder van suurlemoene, met meer as 15% van alle invoere in 2018. Duitsland is kort op hul hakke met 11%, terwyl Frankryk en Nederland elk vir ongeveer 7% van alle invoere verantwoordelik is.

Gebruike

©Louise Brodie

Suurlemoene is suur, so dit word gewoonlik nie vars geëet of op sy eie nie. Die sap en skil is nietemin hoog in aanvraag as 'n geurmiddel en dit word in 'n wye verskeidenheid van geregte van gebak tot gaar vleis, groente en slaaisouse gebruik. In Suid-Afrika kry verbruikers van vis en skyfies dikwels skyfies suurlemoen saam met hul ete.

Suurlemoene is ook 'n uitstekende vleis sagmaakmiddel en help om die vet af te breek. Dit kan gebruik word om vrugte konfyt te maak genoem marmalade, of dit word as versuikerde gedroogde vrugte snye verkoop. Behalwe dit word die sap gebruik om drank soos lemonade, tee en likeurs te maak. Skyfies suurlemoen word ook gebruik as 'n garnering vir drankies of om water te geur.

Suurlemoene is ryk aan vitamiene en minerale, so dit word beskou as 'n spysverteringstelsel tonikum, immuun verryker en selfs 'n vel verryker. Mense drink dit dikwels saam met ander bestanddele soos heuning, whiskey en kaneel as 'n warm drankie wat griep beveg.

Hulle kan gebruik word om die verbruining van vrugte soos appels te keer, en as gevolg van hul vermoë om vet af te breek kan suurlemoene ook optree as 'n reiniger. Gebrande potte kan byvoorbeeld met suurlemoen gevryf word en oornag gelaat word om skoonmaak te vergemaklik. Dit kan ook gebruik word om onsigbare ink van te maak of dit kan as 'n bleikmiddel dien en as 'n essensiële olie gebruik word.

Translated by Wilma Koeppen