Spinasie Verbouing

© Eric Miller

Voortplanting

Spinasie plant voor van saad.

Beplantingsmetode

Beplanting behels direkte saaiery en uitdunning kan toegepas word om korrekte spasiëring te verseker. Meganise beplanting word óók gebruik ten einde korrekte spasiëring. Sade moet 20 mm diep geplant word. Saailinge kan ook in saadbakke gesaai word en oorgeplant word wanneer hulle 10 cm gegroei het.

Spasiëring

Die plante moet 10 tot 20 cm van mekaar geplant word in rye wat 30 cm van mekaar is. Dit lewer ongeveveer 160 000 plante per hektaar. Kommersiële produsente wat meganies oes plant nader aanmekaar, omtrent 15 cm by 25 cm wat 250 000 plante per hektaar lewer.

Saaityd

Alhoewel spinasie regdeur die jaar gesaai kan word in gunstige weer, word dit tydens twee hoof saaitye in Suid-Afrika geplant: Januarie tot April, wanneer die somertemperature nie te hoog is nie en die wintertemperature nie te koud is nie en van Augustus tot Desember voor die weer te warm word.

Groeitydperk

Insameling van die buiteblare kan na 60 tot 70 dae na beplanting begin. Om langer produksietydperke en gevolglik hoër opbrengs te verseker moet stikstof in die grond ingewerk word regdeur die groeitydperk.

Fertilisering

Voor beplanting, wanneer die grond voorberei, skoongemaak en met kompos behandel word, moet ’n aanvanklik toediening van tussen 500 kg en 1000 kg stikstof, fosfor en kalium, teen ’n vehroudin van byvoorbeeld 2:3:2, by die grond ingewerk word. Na vyf weke en weer na ag weke na beplanting moet 250 kg kalksteen, ammonium en nitraat by die grond ingewerk word. Die gebruik van hoendermis met ’n hoë inhoud stikstof kan ook opbrengs drasties vermeerder.

Besproeiing

Benat net na beplanting en weer net na ontkieming. In die eerste maand wat die plante groei moet die grond elke tweede dag getoets word om te verseker dat daar nie vogspanning in die grond is nie.
Teen hoë temperature droog grond vinniger uit, dus moet dit een of selfs twee keer ’n week benat word. In koeler gebiede kan besproeiing tot 10 dae intervalle uitgerek word vir swaarder leemgrondsoorte. Spinasie het ’n relatiewe oppervlakkige wortelstelsel en is sensitief vir vogspanning in die grond. Dit is noodsaaklik dat die vogspanning ten minste twee keer ’n week getoets word.

Translated by Ananda Schoeman