Spinasie Gewasbestuur

© Eric Miller

Wisselbou

Dit is goeie praktyk om gewasse af te wissel wanneer spinasie geproduseer word ten einde die opbou van plae en siektes te voorkom. Wissel dit af met pampoen, boontjies, ertjies, blaarslaai, tamaties, aartappels en kool

Opbrengs (ton per hektaar)

Konserwatief: 15 ton
Gemiddeld: 20 ton
Goed: 30+ ton

Oesinsameling

Spinasie word normaalweg met die hand geoes met skerp messe of klein sekels op kleinhoewe of boerderybedrywighede. Dit laat produsente toe om oor lange tydperke te oes en sodoende die opbrengs te vermeerder. Sny slegs die buiteblare af, omtrent 40 mm vanaf die grond. Dít moet gereeld gedoen word om groei aan te bevorder en sodoende opbrengs te vermeerder. Op grootskaalse kommersiële boerderyondernemings word dit soms meganies gedoen. Op hierdie groeter ondernemings is plantdigtheid ook veel hoër.

Bewaring

Spinasie word nie maklik bewaar nie en moet in ’n koelskuur gestoor word so gou as moontlik na dit geoes is. Beste resultate word gelewer teen ’n temperatuur van 4 °C en teen ’n relatiewe humiditeit bo 85%. Spinasie moet verkoel word vir ’n maksimum van sewe dae voor dit geëet word ten einde ’n kwaliteit produk te verseker. Die produk moet dus die verbruiker bereik so gou as moontlik na dit geoes is.

Plae

Nematodes, naakte- en skulpslakke, snywurm, plantluise, Hawaiiaanse Bietwurm, loopers, blaarmyners en ruspes.

Siektes

Blaarvlek, spinasie-roes, mosaïek virus, donsskimmel, curly top en witroes.

Translated by Ananda Schoeman