Self-kwarantyn Riglyne

Wie behoort self-kwarantyn te oorweeg?

Self-kwarantyn vir COVID-19 coronavirus word aanbeveel vir indiwidue wat óf direkte blootstelling aan die virus gehad het, of in areas gereis het waar groot getalle mense geïnfekteer is, sodat verdere verspreiding verhoed kan word.

Stappe vir Self-kwarantyn

Bly tuis. Verlaat slegs die huis indien jy mediese hulp nodig het.
Monitor jou simptome: Koors, hoes, kortasem.
Kry so gou moontlik mediese hulp indien jy siek is.
Maak seker dat jy bewus is van die stappe om te neem indien jy siek is.

Hierdie stappe is:

Skakel jou gesondheidsorgfasiliteit en stel hulle in kennis dat jy COVID-19 coronavirus het, of dat jy daarvoor ge-evalueer word.
Sit ‘n gesigmasker op voordat jy die gesondheidsorgfasiliteit binnegaan.
Versoek jou professionele gesonheidsorgbeampte om die NICD in kennis te stel.

Self-kwarantyn praktyke

Moenie werk of skool toe gaan, of publieke areas besoek nie. Vermy publieke vervoer of taxis.

Sonder jouself af van ander mense en diere in jou huis. Gebruik ‘n aparte badkamer indien dit moontlik is.

Gesigmaskers behoort gedra te word om verspreiding van die siekte na ander te verhoed. Hoes of nies in ‘n gebuigde elmboog. Alternatiewelik, bedek jou mond en neus met ‘n sakdoek (“tissue”) wanneer jy hoes of nies.

Was jou hande dikwels vir minstens 20 sekondes met seep en water, of met ‘n alkoholbasis handreiniger wat tussen 60 - 95% alkohol bevat.

Moenie aan jou oë, neus en mond raak met ongewaste hande nie.

Maak oppervlaktes soos toonbanke, tafelblaaie, deurknoppe, badkamergeriewe, toilette, telefone, sleutelborde, tablette en bedkassies elke dag skoon.

Translated by Elna Van Rhyn