Seldery Gewasbestuur

© Louise Brodie

Wisselbou

Wissel seldery met tamaties, aartappels of winterblomkool af.

Opbrengs - Ton per Hektaar

Konserwatief: 15 ton
Gemiddeld: 25 ton
Goed: 40+ ton

Oes

Seldery word binne 3 – 4 maande na planttyd geoes. Seldery word met die hand geoes deur die stingels onder die bol waar dit bymekaarkom af te sny. Kommersiële produsente oes dit met spesiale oesmasjiene wat baie kostes kan bespaar. Dit is belangrik om vinnig en betyds te oes aangesien seldery wat te lank op die land gelos word bitter en veselagtig is. Om verwelking te voorkom moet die seldery dadelik na ’n koel plek vir was, prosessering en verpakking geneem word.

Berging

Vars seldery moet so gou moontlik gesny, verpak en bemark word. ’n Temperatuur van 2 - 4°C moet gehandhaaf word. Seldery kan vir drie tot vier weke by 1 - 2°C met ’n relatiewe humiditeit van 95% gestoor word.

Siektes en Plae

Vir die gepaste bestryding van siektes en plae is dit raadsaam om die aanbevelings van u plaaslike landbou-voorligtingsbeampte of u chemiese maatskappy se adviseur te volg. Om te verseker dat geen plaag of siekte buite beheer raak nie, moet die plante daagliks gemonitor word sodat bestryding aksies betyds geneem kan word en daar geen skade aan die seldery-oes is nie.

Plae

Algemene plae is aalwurms (nematodes), rooispinnekop (red spider), landmeter (plusia looper), plantluise (aphids), kommandowurms (army worms), snywurms (cutworms) and bladmyners (leaf miners).

Siektes

Algemene siektes is stamvrot (heart rot), vroeë/laatroes (early/late blight) en blaarvlek (leaf spot).

Translated by Ananda Schoeman