Sagte Sitrus Produksie

©Louise Brodie

Sagte sitrus is ‘n onderafdeling van sitrus wat ‘n relatiewe los skil het wat maklik afskil. Mandaryne, clementines, satsumas, mineolas en nartjies is almal deel van hierdie groep.

Internasionale Produksie

Globale produksie van sagte sitrus het toegeneem van 26 miljoen ton gedurende die 2013/2015 seisoen tot 30 ton gedurende die 2018 seisoen. China is bestempel as die grootste produsent van sitrus gedurende die 2017/2018 seisoen met 17% van die produksie, gevolg deur die Europese Unie met 10%, en daarna Turkye en Marokko met 4% van die produksie elk.

Gedurende hierdie tyd het globale invoere gestyg van 2 281 000 ton tot 2 466 000 ton. Rusland word bestempel as die grootste invoerder, met 35% van die totale invoere, gevolg deur die Europese Unie met 19% en die Verenigde State met 12% van alle invoere.

Suid-Afrika is die sesde grootste invoerder in die wêreld in terme van volume.

Plaaslike Produksie

©Louise Brodie

Sagte sitrus produksie het in die vroeë 1980s in Suid-Afrika begin as ‘n respons op die toenemende vraag na vrugte wat maklik afskil en gerieflike sitrus vanuit Europa en die Verenigde Koninkryk. Die eerste clementines is alreeds in 1973 na Suid-Afrika ingevoer vanuit Corsica, en daarna uit Spanje en Marokko.

Aanvanklike produksie is gedryf deur die SA Kooperasie, Citrus Exchange, wat in die 1970s met produksieproefnemings begin het om die mees geskikte variëteite en produksiepraktyke te identifiseer.

In 2019 het BFAP sagte sitrus identifiseer as die bes-presterende sitrusgroep in terme van bruto opbrengs per hektaar, met voorspellings dat dit sal voortduur. Sagte sitrus het in 2018 ongeveer 17% uitgemaak van alle sitrus in Suid-Afrika geproduseer.

Produksie

Soos weergegee deur die Cirtus Grower’s Association, het die totale bewerkte area onder sagte sitrus gestyg van 4960 ha in 2009 tot 16 285 he in 2018. Maar meer as dubbeld hierdie aantal hektaar moet nog volle leweringspotensiaal bereik.

Die Wes-Kaap was steeds die grootste produseerder met rofweg 40% van alle produksie, gevolg deur die Oos-Kaap met 30% en Limpopo, met 24%. Klein volumes word ook geproduseer in Mpumalanga, die Noord-Kaap, Noord-Wes en KwaZulu-Natal.

Mark

©Louise Brodie

Die meeste van Suid-Afrika se sagte sitrus word uitgevoer, met uitvoervolumes wat rofweg 13,4 miljoen 15 kg kartonne in 2017 bereik het. Die Verenigde Koningkryk is ons grootste uitvoerbestemming met ‘n 32% aandeel vain die totale uitvoere, gevolg deur die Europese Unie wat ‘n 26% aandeel verteenwoordig. Noord-Amerika en Rusland verteenwoordig elk ‘n 10% aandeel. Die oorblywende vrugte wortd uitgevoer na Suid en Oos-Asië, sowel as die Midde-Ooste.

Gebruike

©Louise Brodie

Sagte sitrus is ryk aan vitamienes, veral A en C, minerale en dieetvesel, met die voedingswaarde wat effens verskil tussen verskillende sitrusvrugte. Die vrugte word hoofsaaklik vars geniet as ‘n versnapering, maar kan ook in slaaie en in die kookkuns gebruik word. Afgesien hiervan, kan dit ook versap, gedroog en geprosesseer word as ingelegde vrugte, marmelade, vrugtegeursels en essensiële olies.

Translated by Elna Van Rhyn