Rosyntjie Produksie

Globale Produksie

©Glenneis Kriel

Turkye is die oudste produsent van rosyne en is nog steeds die grootste rosyntjie vervaardiger ter wêreld.

Hulle word gevolg deur die VSA. Ander rosyntjie produserende lande is Suid-Afrika, Australië, Chili, Griekeland, Iran, Oesbekistan en Afghanistan.

Suid Afrikaanse Produksie

Die bedryf het sy oorsprong langs die Oranjerivier in die Noord-Kaap en het in die vroeë 20ste eeu ontwikkel. Die warm droë klimaat van die gebied is ideaal vir druiwe produksie en die rosyntjie bedryf bestaan ​​saam en komplimenteer die vars tafeldruifbedryf in die streek. Druiwe word in die vroeë tot middel-somer in die streek geoes, gedroog en verwerk. Goeie opbrengste vir rosyne op beide die plaaslike en internasionale markte verskaf die aansporing vir die bedryf se voortgesette uitbreiding. Suid-Afrika se grootste uitvoermark vir rosyne is na Europa waar hulle in Duitsland, Nederland, die Verenigde Koninkryk en Frankryk verkoop word. Suid-Afrika voer ook rosyne uit na die VSA en Kanada.

Produksie Areas

Die grootste rosyntjie produksie streek in Suid-Afrika is langs die Oranjerivier in die Noord-Kaap. Hierdie streek produseer sowat 90% van die binnelandse rosyntjie produksie van Suid-Afrika. Meer onlangs vind rosyntjie produksie ook plaas in die Namakwaland streek.

Voorbereiding

©Glenneis Kriel

Rosyne word tradisioneel in die son gedroog en terwyl dit 'n goedkoop metode is, word die produk aan die elemente blootgestel aan moontlike omgewings, mikrobiese en insekte besoedeling.

Produsente droog ook die druiwe deur gebruik te maak van skadu droog toestande of hulle dehidreer die druiwe meganies in droog kamers onder beheerde humiditeit en temperatuur toestande.

Na die droog proses word die rosyne gegradeer en vreemde voorwerpe word verwyder.

Rosyne word dikwels met swaeldioksied behandel as 'n preserveermiddel na die droog proses afgehandel is.

Gebruike

©Louise Brodie

Rosyne word geëet as 'n versnapering of in slaaie en word wyd gebruik in kook en bak prosesse. Rosyne is ryk aan vesel, koolhidrate en minerale soos yster en koper. Rosyne is gewoonlik soet en omdat rosyne 'n lae glukemiese indeks het word hulle dikwels aanbeveel as 'n versnapering vir gewigsbeheer.

Translated by Wilma Koeppen