Die denne, keël gevormde pynappel (Ananas cosmosus) is 'n tropiese vrug in Suid-Afrika en word in tropiese streke regoor die wêreld gegroei. Die vrug is 'n lid van die familie Bromeliaceae, wat inheems is aan tropiese Suid-Amerika. Dit is 'n diverse plant familie met meer as 3470 spesies, waarvan baie gebruik word as tuinplante.
Die pynappel is vereer in die antieke kulture van die Amerikas waar dit gebruik is as vars vrugte en medisyne. Die vesel van die blare was ook gebruik as 'n tekstiel.
Vitamien C-ryke pynappels is 'n mengsel vrug van klein bessies wat saamgedruk is. Dit produseer 'n enkele vrug wat in die middel van spiraalvormige blare gevorm word, wat uit 'n dik stam groei. Die tropiese plant verkies 'n warm, vogtige en rypvrye klimaat en groei goed in sanderige, effens suur grond.
Pynappels word twee keer elke vyf jaar geoes. Die eerste oes is op 26 tot 30 maande en die tweede oes is 18 maande later. Die aanplant van pynappels word gebalanseer om te verseker dat die pynappels daagliks geoes kan word vir die grootste deel van die jaar. Die oes van pynappels in Suid-Afrika begin in Maart en duur tot middel Desember.
Daar word twee hoof variëteite van pynappels kommersieel verbou in Suid-Afrika, nl. die gladde blaar Cayenne (meestal geproduseer in die Oos-Kaap) en die stekerige-blaar Queen, wat grootliks in KwaZulu-Natal geproduseer word.
Queen is soeter en word meestal as 'n vars vrug verkoop, terwyl Cayenne se groter en hoër sapinhoud dit geskik maak vir verwerking tot sap en om ingemaakte pynappel produkte te maak.
Die ontdekkingsreisiger Christopher Columbus het die pynappel eerste 'ontdek' in 1493 op die eiland van Guadalupe in die Klein Antille in die Karibiese See.
Saam met die Portugese ontdekkingsreisigers wat na Suid-en Sentraal-Amerika gevaar het in die 1540s, is die vrug ooswaarts versprei na St Helena Eiland en daarna na Madagaskar en Indië. Verbouing van die vrugte is begin in Nepal in 1601, Singapoer in 1637 en Taiwan in 1650.
Die vroeë verbouing van pynappels het nie net gefokus op die vars vrugte nie, maar ook op die vesel en die vrug se ander gebruike. In die 1570s het die Filippyne 'Pina lap' van die vesel van die pynappel blare gemaak. Die Maleisiërs het dit gebruik vir geboorte beheer en ryk Europeërs het die pynappels gegroei as eksotiese tuinplante, insluitend die befaamde King Louis XV in sy kweekhuis by Versailles, Frankryk.
Kommersiële boerdery van pynappels het met die kultivar Cayenne in die Wes-Indiese Eilande en Hawaii begin. Hierdie pynappel is vernoem na Cayenne, die hoofstad van Frans-Guyana vanwaar vyf plante geneem en voortgeplant is. Tot en met die 20ste eeu het die 'Glad Cayenne' kultivar die pynappel mark oorheers totdat die pynappel kultivar MD-2 oorgeneem het as die gewildste vars pynappel.
As gevolg van die relatiewe kort raklewe van pynappels is kommersiële vervoer, korter handelsroetes en bewarings tegnieke ook ontwikkel saam met die kommersiële produksie van die vrugte. Die inmaakbedryf is veral ontwikkel in die 19de eeu asook die groei van die pynappelsapmark in die 1980's. Dit het daartoe bygedra dat pynappels die derde grootste tropiese vrug in die wêreld geword het met 'n jaarlikse produksie van 25 miljoen ton (2018) na piesangs en mango's.
Pynappels is aan Suid-Afrika bekend gestel in 1860 en is vir die eerste keer in die provinsie van KwaZulu-Natal gegroei en is later bekend gestel aan die Oos-Kaap.
Die wêreld se top drie produsente van pynappels is Costa Rica, Brasilië en die Filippyne wat al drie saam meer as 2,5 miljoen ton per jaar vervaardig. Costa Rica en Brasilië verskaf aan die VSA en Europa terwyl die Filippyne vars pynappels hoofsaaklik na Japan en Korea uitvoer.
In Afrika word pynappels geproduseer in Angola en Tanzanië met 'n paar produksie areas in Suid-Afrika - minder as 100 000 ton word per jaar in SA geproduseer. Ongeveer 80% van Suid-Afrika se pynappel produksie is bestem vir verwerking (Cayenne kultivar) en die res (veral Queen) word aan die plaaslike vrugte mark verkoop.
Pynappels is hoog in vitamien C, dieetvesel, kalsium, mangaan en kalium. Die vrugte is ook 'n hulpmiddel vir die spysverteringstelsel en het anti-inflammatoriese eienskappe as gevolg van die bromelian inhoud. Bromelian is 'n groep swawelbevattende-proteïenverterende ensieme en kan gebruik word as 'n vleis sagmaakmiddel, om die oplosbaarheid van gelatien in drankies te verhoog, in-latex verf en in leer looiery.
Bromelian in die vorm van poeiers, ys, tablette of as voedingsaanvuller kan inflammatoriese toestande soos sinusitis en artritis behandel. Dit kan ook plaaslik toegepas word om wonde te behandel en dooie vel van brandwonde te verwyder.
Afhangende van die kultivar word die pynappel as 'n vars vrug geëet, geblik en verwerk tot sap, konfyt en blatjang. Daar word ook gesê dat pynappelsap die simptome van bewegingsiekte (motion sickness) verminder. Vars pynappels word in kerries gebruik, paar goed saam met ham en ander vleise en kan gegis word om jellie lekkergoed genaamd Nata de Pina te produseer.
Jong pynappel blare word as n groente in Afrika geëet en die giftige groen vrugte word gebruik as 'n gif vir pyl punte. Die vesel in pynappel blare word gebruik vir die weef van lap en die maak van skoene, visnette en bedrading van juweliersware.
Translated by Wilma Koeppen