Pomelo Produksie

© Louise Brodie

Pomelos is 'n baster wat ontwikkel het van 'n spontane kruising tussen die pummelo (ook gespel as pomelo) en soet lemoen. As 'n relatiewe nuwe toevoeging tot die sitrus familie, is pomelos die eerste keer in die 1750's op Barbados eiland deur dominee Griffith Hughes beskryf. Hy het dit ook die "verbode vrugte" van Barbados genoem, omdat sommige mense geglo het dat dit 'n soort skakel gehad het met die oorspronklike boom van goed en kwaad in die bibliese tuin van Eden.

Die naam "pomelo" (grapefruit in Engels – die letterlike vertaling is 'druiwe vrug') is gekies as gevolg van die manier waarop die vrug soos trosse druiwe gegroei het. Amerikaanse tuinboukundiges wou aanvanklik die spesie "Pomelo" noem, maar die naamsverandering het verwarring veroorsaak met die “Pummelo” en die Engelse “grapefruit” het gebly. Dit word egter Pomelo in Afrikaans genoem.

Internasionale Produksie

Pomelos floreer in 'n warm, subtropiese klimaat. China is die grootste produsent van pomelos, soos weerspieël deur Tridge. In 2018 is China vir ongeveer die helfte van al die pomelo vervaardiging in die wêreld verantwoordelik. Die Verenigde State van Amerika, wat die tweede grootste produsent is, is net verantwoordelik vir 8% van totale produksie.

Ten spyte van slegs 4% van die totale produksie, was Suid-Afrika verantwoordelik vir 25% van alle pomelo uitvoere in 2018. Dit maak SA die grootste pomelo uitvoerder by verre. China is in die tweede posisie met 12.7% van alle uitvoere.

Nederland is met 16.6% die belangrikste uitvoerder van alle ingevoerde pomelos (hierdie pomelos word ingevoer uit ander lande en weer herverpak en uitgevoer). Daar moet egter in gedagte gehou word dat Nederland sy invoere dikwels herversprei na ander dele van Europa. Rusland volg Nederland op met 10% van alle pomelo invoerdery.

Suid Afrikaanse Produksie

©Louise Brodie

In 2018 het Suid-Afrika saam met Zimbabwe 'n totaal van 7 886 ha geregistreer vir pomelo uitvoere, volgens die Sitrus Produsente Vereniging. Meer as 50% van hierdie gebied is in Limpopo geleë, wat dit die grootste uitvoer-produserende streek maak, gevolg deur Mpumalanga wat verantwoordelik is vir 20% van die produksie area.

KwaZulu-Natal neem die derde plek in met 9% van produksie. Die Noord-Kaap en Swaziland is onderskeidelik verantwoordelik is 6% en 5% van die totale geregistreerde areas getoonmerk vir uitvoere. Klein gebiede is ook geregistreer in die Oos- en Wes-Kaap. Zimbabwe is verantwoordelik vir 118 ha van die totale geregistreerde gebiede vir uitvoere.

Variëteite

©Louise Brodie

Baie pomelo variëteite word geplant, waarvan Star Ruby en Marsh die gewildste is. Star Ruby is verantwoordelik vir meer as 80% van die totale geregistreerde areas vir uitvoere in 2018. Marsh neem die tweede plek in met 'n bietjie meer as 10% van hierdie geregistreerde areas.

Star Ruby is ontwikkel deur die bestraling van die Hudson pomelos se saad. Dit is gedoen deur Dr Dick Hensz in Texas. Hierdie variëteit is benoem en bekend gestel in die 1970's, met die eerste twaalf sade wat sy weg na Suid-Afrika in 1972 gevind het.

Die vrugte het 'n gladde geel vel met 'n rooi agtergrond en diep rooi-gekleurde vlees. Die variëteit pas baie beter in Suid-Afrika as in die Verenigde State van Amerika aan en is 'n groot vrug met selde meer as 'n paar pitte.

Marsh is deur CM Marsh in Florida in die 1860's bekend gestel uit 'n toevallige saailing van 'n Duncan boom op die eiendom van 'n mev Rushing. Hy het okuleerhout vir voortplanting van een van die bome geneem toe hy sien dat dit pitloos is en begin met die verkope van die geokuleerde (ge-ente) nageslag. Die vrugte is groot en wit, pitloos en word hoofsaaklik vars gebruik en vir versapping. Vir 'n lang tyd was dit die voorste aangeplante kultivar in Suid-Afrika.

Seisoen

Die sitrusseisoen in Suid-Afrika strek vanaf Maart tot Julie, afhangende van die variëteit en klimaatstoestande.

Markte

Die meeste van die pomelos van Suid-Afrika word oorsee verkoop, met die uitvoermark wat vir byna 70% van alle verkope in 2017 verantwoordelik was. Die verwerkte mark is verantwoordelik vir ongeveer 27% en die plaaslike mark vir minder as 1% van die totale verkope.

Europa is die grootste uitvoerbestemming met 40% van die volumes in 2017, terwyl Asië verantwoordelik is vir 25% van die volumes.

Gebruike

©Louise Brodie

Pomelos is vrugte met 'n bitter smaak. Dit kan vars vir ontbyt geniet word, as 'n peuselhappie of in slaaie gebruik word. Dit word ook verwerk tot terte, jellies, marmelade en sappe. Dit is een van die laagste-kalorie vrugte maar is tog ryk aan voedingstowwe en vesel, wat een van die redes is waarom dit dikwels ingesluit word in 'n gewig vermindering dieet. Dit het ook 'n hoë waterinhoud wat dit baie rehidrerend maak.

Translated by Wilma Koeppen