Oranjerivier Vleilande

Vrugbare Plekke

©Nigel J Dennis
Die Oranjerivier is die enigste ouer waterbron in die Richtersveld, en ondersteun 'n redelike tradisionele verskeidenheid varswaterspesies. Visse sluit in geelvis, skerpvisse, katvis (barbel), sardien, gebrande brasem en die inheemse Namaqua barb. Die Kaapse Klooslose Otter kan rondom die mond van die rivier gesien word in Alexanderbaai, en groot getalle Kaapse ‘Fur Seals’ (nou bekend as die Suid-Afrikaanse pelsrob) word gevind langs die kus.
Die Oranjeriviermond (of riviermonding) is een van die vrugbaarste plekke in die streek.
Met sy moddervlaktes, moerasse, vloedvlaktes en eilande ondersteun dit 'n ongelooflike verskeidenheid voëls - tot 10,000 van hulle - wat meer as 60 spesies verteenwoordig.
Dit sluit in flaminke, Kaapse trekduikers, kastaiingbruin kiewiete, Egiptiese ganse, Kaapse teal, groot wit pelikaan, Suid-Afrikaanse kopereend en die Afrika-heilige ibis. Daar is ook ongeveer 14 spesies wat opgeneem is in die IUCN (International Union for Conservation of Nature)-rooi lys van bedreigde spesies. Dit sluit in die damara-sterretjie, grootkoningriethaan (Afrika-Pers-Swamphen), barlowse lewerik (Barlow's Lark) en die Kaapse Langbek lewerik.
Oranjeriviermond is 'n RAMSAR-vleiland en is as internasionale belang verklaar. Ongelukkig, is die terrein ernstig afgebreek deur al die mynaktiwiteite wat langs albei banke plaasvind; sy toestand word skaars opgemerk deur omgewingwaghonde, as gevolg van sy ligging binne die vroeër beperkte diamantmynstad van Alexanderbaai. Tans probeer die verskillende Namibiese en Suid-Afrikaanse owerhede om hierdie vleiland te red en dit tot sy vroeër glorie te herstel.

Translated by Hazel Oliver