Oes en Rypwording van Avokado's

© Photo courtesy of the California Avocado Commission

Dit is belangrik om te weet dat avokadopere nie ryp word terwyl hulle aan die boom hang nie, maar dat hulle gepluk moet word om rypwording te vergemaklik.

Wanneer om Avokado's te Pluk?

©Subtrop

Vrugte moet gepluk word as hulle fisiologies ryp is omdat hulle net ryper sal word as hulle gepluk is. As hulle gepluk word as die vrug nog onvolwasse is sal hulle nie ryp word nie maar verrimpel en krimp.

Vir die beste eetkwaliteit moet avokado’s ʼn olie-inhoud van ten minste 10 persent hê. Volwassenheids toetse word gedoen voordat die oes begin. Vog ontledings word met behulp van gespesialiseerde toerusting wat vog meters genoem word of deur die uitdroging van monsters in 'n oond of 'n mikrogolfoond gedoen.

Die Avokado Oes

Afhangende van die produksie area sowel as die kultivar - vroeg of laat-seisoen variëteite - begin die oes van avokado’s in Suid-Afrika aan die begin van Februarie met Fuerte en eindig dit in Oktober / November met Lam Hass en Ryan. Nuwe variëteite word ontwikkel en geplant om die avokado oes uit te brei.

Avokado's word met die hand gepluk en na die pakhuis geneem waar hulle vir kneusing en letsels geïnspekteer word. Hulle word volgens grote gegradeer en met 'n antifungale voedsel graad gewas. Avokado's kan verpak word in kartondose, sakke van net of plastieksakke afhangende van die mark.

Dwarsdeur die oes, sortering en verpakkings proses word sorg geneem dat daar geen vingernael skade en kneusing van die vrugte is nie en werkers dra handskoene om die vrugte teen skade te beskerm.

Die Stoor en Rypwording van Avokado's

©Westfalia Fruit

Suid-Afrikaanse avokado’s word uitgevoer deur middel van vragskepe van Kaapstad na Europa. Die seereis neem tussen 14 tot 18 dae en tot 25 dae om die winkelrakke van Europa te bereik en in orde om die rypwordings proses te vertraag word avokado’s koel gehou en in verkoelde houers onder beheerde atmosfeer (CA) vervoer.

Hoe koeler die stoor en vervoer temperatuur is hoe stadiger is die rypwordingsproses maar sorg moet geneem word om koue beserings te voorkom. Vroeg in die seisoen is veral die Fuerte avokado’s vatbaar hiervoor. Koue skade kan voorkom word by bergingtemperatuur van onder 5°C en veroorsaak inwendige verkleuring van die vlees van tot grys of bruin met swart kolle wat op die skil vorm.

Die Suid-Afrikaanse Avokado Kwekers Assosiasie (SAAGA) beveel 'n temperatuur van 6-7°C en relatiewe humiditeit van 85-95% aan. ʼn Temperatuur van 7,5°C vir vroeg in die seisoen vrugte is optimaal. Om vrugte-versagting te aktiveer word avokado’s vir een of twee dae by 20 - 25°C op 95% relatiewe humiditeit gehou.

Avokado's moet nie vir lang tydperke met etileen-produserende produkte soos piesangs, appels of kool gestoor word nie want die etileen gas kan interne verkleuring veroorsaak. Om vinniger rypwording by die huis te fasiliteer kan avokado’s vir 'n paar dae saam met piesangs in 'n bruin papiersak geplaas word.

Translated by Wilma Koeppen