Bosappel Vrugte: Lekker vir Eet

© Bio-Innovation Zimbabwe
Die bosappel (Parinari curatellifolia) staan ​​ook bekend as die grysappel, ‘hissing tree of ‘cork tree’, ‘mobola plum’, mmola, mbulwa, mobola, muvhula en umkhuna. Die bosappel boom is herkenbaar aan sy spreiende sampioenvormige kroon en groei in Swaziland, Zimbabwe en die Mpumalanga en Limpopo provinsies van Suid-Afrika.
Die boom se blare is silwerwit aan die onderkant en spog vanaf Julie tot November met trosse soet-ruikende trompetvormige blomme. Blomme produseer volop nektar en stuifmeel vir bye en is daarom gewild by byeboere.

Die groot boom met sy kurkagtige bas produseer heerlike pruim-grootte vrugte met geel eetbare vlees. Die ryp vrugte kan rou geeët, rou, gedroog, gekook as pap, versap word en tot bier gefermenteer word. Die olieryke neute word geëet en smaak soos amandels, gemaal en gebruik om 'n sop te kook of gemeng saam met groente geëet. Olie wat uit die neute onttrek word, is geskik as kookolie.
Medisinale toepassings van die bosappel sluit in die gebruik van die bas en blaar-ekstrakte vir longontsteking simptome, katarakte en oorpyn. Gemaalde blare kan gebruik word as 'n kompres vir gebreekte bene asook om sere en snye te genees. Bosappel-hout bevat silika wat dit moeilik maak om mee te werk, maar is baie duursaam en word gebruik vir stutte, pole en kano's of bote. Die boom verkies goed-gedreineerde (en suur) sandgrond en is sensitief vir koue weer en winde.

Mediese Vrywaring

Die inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes en mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie. Dit is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Hazel Oliver