Lemoen Produksie

©Louise Brodie

Soet lemoene kom oorspronklik uit China en daar word al so vroeg as 314 VC in Chinese literatuur daarna verwys. Italiaanse handelaars en Portugese navigators het dié vrugtespesies in die 1450s en 1500s versprei vanuit noordoostelike Indië na suidoostelike China tot by die Mediterreense lande. Lemoene is aanvanklik slegs vir medisinale doeleindes aangewend, maar het gou ‘n gesogte vrug geword wat gereserveer is vir die rykes.

Die lemoen het ontwikkel as ‘n hibried tussen ‘n mandaryn en ‘n pummelo. Die Engelse naam “orange” is afgelei van ‘n word in Sanskrit, nãranga, en daar word geglo dit beteken “geurig”. Die Engelse kleur “orange” (Afrikaans: oranje) is na die vrug vernoem en nie andersom nie. Die woord is reeds in die 1300s gebruik om die vrug te beskryf, terwyl daar eers tweehonderd jaar later begin is om die naam vir die kleur te gebruik.

Internasionale Produksie

Soos gesien op Tridge, maak lemoene 50% van die globale sitrusproduksie uit en is sedert 1987 die vrug wat die meeste verbou word. Brasilië is die grootste produsent, met byna 24% van die 73 miljoen ton lemoene wat in 2017 geproduseer is. Daarna volg China en Indië met onderskeidelik 11.5% en 10.3% elk. Suid-Afrika lewer 1.9% van die totale gemiddelde lemoen produksie.

In ‘n verslag genoem die Global Market Update, is geskat dat die totale uitvoerwaarde van lemoene ongeveer 6 biljoen VSD is, en die hoeveelheid 7.3 miljoen ton. Spanje is die grootste uitvoerder met byna 25% van alle lemoenuitvoere in 2018. Suid-Afrika voer 14.5% uit, Egipte 12,6% en die Verenigde State voer byna 12% van die totale volume uit. Die Verenigde State voer 11.8% en Nederland 5.6% uit.

Frankryk, China en Duitsland was die grootste invoerders van lemoene in 2018 met ongeveer 6% tot 7% van alle invoere. Nederland en Hong Kong het onderskeidelik 6% en 7% ingevoer.

Produksie in Suid-Afrika

©Louise Brodie

In die verlede het baie matrose gesterf weens skeurbuik - ‘n siektetoestand wat ontstaan as gevolg van ‘n ernstige tekort aan vitamiene C - wat toegeskryf kon word aan hul diëte wat baie min vars produkte bevat het. Om hierdie problem aan te spreek, het die Verenigde Oos Indiese Kompanjie ‘n verversingspos in Kaapstad gevestig waar handelaars wat om die Kaap gevaar het om te gaan handel dryf met Indië en verder, hul skepe kon laai met vars produkte vir die lang reis.

Die eerste lemoenbome is in 1654 uit St Helena ingevoer op ‘n boot genaamd ‘Die Tulp’, en baie gou daarna ook vanuit Indië. Aanvanklik is 1162 lemoenbome geplant in die Kompanjiestuine in Kaapstad, tesame met baie ander vrugtebome en groentesoorte. Die eerste lemoene is in 1661 gepluk.

Nuwe boere het gou begin om lemoene te produseer, afkomstig uit die oorspronklike voorraad vanuit die Kompanjiestuine, wat gelei het tot die verspreiding van lemoenproduksie na verskillende dele van die land. Vandag is Suid-Afrika die grootste lemoenuitvoerder in die Suidelike Halfrond, met meer as 60% van alle Suidelike Halfrond uitvoere. (Lees meer oor Lemoen Produksie in Suid-Afrika).

Gebruike

Lemoene kan op verskeie wyses geniet word, naamlik: vars, versap, in die kookkuns, in gebak, in tee, ingemaak of verwerk tot marmelade. Hierdie sitrusvrug kan ook gebruik word as voedsel en in industriële geurmiddels, in skoonmaakmiddels sowel as gesigsprodukte.

Lemoene is volgepak met gesondheidsvoordele. Hulle is ryk aan vitamienes, veral A en C, minerale, antioksidante en vesel. Hoewel lemoene suur is, bevat hulle baie alkaliese minerale wat help om die liggaam te de-alkaliseer en spysvertering te verbeter.

Translated by Elna Van Rhyn