Kruie vir Hase en die Gebruike daarvan

© Judy Stuart

Kruie word aan hase vars of droog gevoer. Gedroogde kruie kan probleme veroorsaak, behalwe as dit met kos ingemeng word. Waar kruie gebruik word as medikasie en nie deel van die dag se voer nie, sal dit net aan die siek dier gegee word. Die kruie kan in jou tuin gegroei word, of deur ’n agent gekoop word.

Botterblom - Calendula Officinalis

Gebruik vir brandwonde, sere, antisepties, kneusplekke, stadig genesende wonde, oop sere, velsiektes en spysverteringprobleme.

Kamille - Matricaria Recutita/Chamomilla Recutita

Pyn verligting, kalmering. Een van die beste ooguitspoelmiddels vir oogprobleme.

Smeerwortel - Symphytum Officinale

Gebruik vir genesing, beenvorming, siek hase, gestresde en swak hase, respiratoriese ekspektorant.
Gebruik met sorg met dwarghase, die plant kan skadelik maar ook medisinaal wees.

Perdeblom - Taraxacum Officinale

Die perdeblom is een van die wêreld se mees bekende onkruid, maar dit is ook ’n ongelooflike genesingsplant. Word gebruik vir bloedsuiwering, respiratoriese knalle, anti-inflammatories, blaasinfeksie, diarree, melkprodusering vir hase wat voed en is ook ’n goeie bederf vir hase wat sopas kleintjies gekry het.

Duiwelsklou - Harpagophytum Procumbens

Inheems tot Afrika. Gebruik vir gewrigontsteking, stywe spiere en verlore aptyt.

Echinacea - Echinacea Purpurascens

Immuunsisteem stimulant en wye-spektrum antibiotika. In laer dosisse is dit ’n stimulant en in hoër dosisse is dit ’n antibiotika. Die plant is ook anti-inflammatories en het anti-virale eienskappe.

Vinkel - Foeniculum Vulgare

’n Goeie krui vir vertering. Vinkel behandel opblaassiekte, winderigheid en stimuleer melkvloei in hase wat voed.

Haagdoring - Crataegus Oxyacantha

’n Smaakvolle en gesonde bederf, haagdoring stimuleer eetlus en help met vertering. Dit is ’n bron van verskeie vitamiene en minerale, bevat ’n aantal bioflavonoids wat die absorpsie van vitamien C verhoog. Een van die mees gewaardeerde en veiligste harttonikum.

Suurlemoenbalsem/Sitroenbalsem - Melissa Officinalis

Die melissa-plant is antibakteries, antiviraal, verminder opblaassiekte en winderigheid, diarree en verlaag stresvlakke.

Kappertjie - Tropaeolum Majus

Maklik om te groei algemene blom, kappertjies het sterk antiseptiese, antibiotiese en antibakteriese eienskappe en word gebruik om intestinale parasiete te beheer.

Brandnetel - Urtica Dioica

Brandnetel is ’n algemene, antieke onkruid met ongelooflike genesende eienskappe. Een van die plante wat die rykste is aan chlorofil in die plantkoningryk. Uitstekende blaar om vir hasies te voer, omdat dit ryk is in yster, kalk, sodium en chloor. Netelhooi is veral waardevolle voer vir hase, veral vir herhalende vee.
Dit is voorkomend teen aansteeklike kwale en ook ’n voorbehoedmiddel teen wurms. Vermeerder melkprodusasie. Help ook om eetlus te stimuleer.
Brandnetel is hoog in protiëne en yster en kan ook gebruik word in gevalle van swak eliminasie soos ekseem, rumatiek en artritis.
Netels het ’n ongelooflike hoë kalsiuminhoud en ’n goeie Ca:P (kalsium tot Phosphoros) ratio. Netels is ’n goeie bron van silika, wat kan help om hase en marmotte se pels en bene in goeie kondisie te hou. Vermeerder melkvloei in hase wat voed.

Pietersielie - Petroselinum Crispum

Baie goeie tonikum krui. Pietersielie verryk die bloedstroom en behandel urinêre probleme. Wortels word gebruik vir konstipasie en obstruksie van die ingewande. Goed vir die behandeling van inflammasie van die blaas en lewer, spysverteringsprobleme, vrugbaarheid in ooie, en produktiwiteit in vroulike hase.

Weegbree

(Plantago major – Groter weegbree met plat roset van blare)
(Plantago lanceolata – Weëblaar met spiesvorminge, regop blare)
Weegbree is ’n algemene onkruid wat regdeur Suid-Afrika gevind word. Anti-mikrobiaal, anti-spasties, genees snye, respiratoriese ekspektorant, koors. Uitstekend as ’n veilige voorstelling aan groen voer vir jong hase, werk goed vir diarree. Die blare help vir urinêre infeksies en irritasies. Goed vir maagkwale en reguleer die funksies van die ingewande.

Roos - Rosa Species

Rose is ’n goeie natuurlike bron van vitamiene A, C en bioflavonoids – ’n tipe anti-oksidant. Die plant is ’n goeie bron vesel en het ook ’n goeie kalsium inhoud en Ca:P (Kalsium tot Phosphoros) ratio.

Roosmaryn - Rosmarinus Officinalis

Roosmaryn verlaag bloeddruk, is ideaal vir moegheid, swakheid en depressie in hase. Die stamme en blare versterk sirkulasie, stimuleer spysvertering en is goed vir koue kondisies. Roosmaryn het baie goeie swamdodende en insekdodende eienskappe en word ook gebruik om parasitiese wurms mee te behandel.

Tiemie - Thymus Species

Tiemie is amper ’n universele gewaardeerde krui vir beide mens en diere as gevolg van sy uitmuntende ‘anti-alles’ eienskappe. Dit is ’n uitstekende krui met antibakteriese, antiseptiese, kalmerende, vertering, ekspektorant, swamdodende, genesing en toniese eienskappe.
Die stamme en blare is nuttig as ’n verteringsremedie, help vir maagkwale, verkoue en gepaardgaande diarree en help ook om wurms uit die sisteem te kry.

Aarbeiblare - Fragaria Vesca

Die hele aarbeiplant is antisepties en afkoelend. Die blare is ryk aan yster. Ekstern kan dit gebruik word vir opgeswelde, aangesteekte areas, uitslae en seer oë. Die blare van die wilde aarbei is uitstekend goed vir hase met sagte, waterige stoelgange (diarree) en inflammasie van die lewer.

Duisendblad - Achillea Millefolium

Duisendblad is ’n waardevolle urinering antiseptiese middel. Dit kan ekstern gebruik word om wonde te help gesond word. Duisendblad is gereeld geplant in permanente weivelde vir sy medisinale eienskappe en is ’n goeie haaskos wanneer die plant jonk en sag is. Dit is ’n behandeling vir alle koorse. ’n Bekende onkruid wat oortollige bloeding stop. Duisendblad het ’n goeie vlak van kalsium en ’n hoë Ca:P ratio.
Neem asseblief kennis dat kruie versigtig gebruik moet word en nie as ’n plaasvervanger vir ordentlike veeartse sorg nie. As jy vermoed dat jou klein herbivoor siek is, skakel asseblief jou veearts.

Translated by Nina Joubert