Koring Produksie

Produksie Streke

©Chris Daly

Die Vrystaat provinsie was altyd gesien as die 'broodmandjie' van Suid-Afrika, maar produseer nou feitlik geen meer koring nie as gevolg van boere wat gewasse verkies wat meer ekonomies lewensvatbaar is en 'n laer assosiasie met produksie risiko's het. 

Vandag word sowat 75% van die land se koring geproduseer onder droëland toestande en 25% onder besproeiing. Winter koring word op droëland in die Wes-Kaap geproduseer en is verantwoordelik vir ongeveer 50% van die totale produksie van die land se koring. Die meeste van die somer koring word onder besproeiing langs groot riviere in die Noord-Kaap geproduseer.

Gebruike

©Glenneis Kriel

Koring word gebruik vir die produksie van meel en brood, terwyl harde koring (durum koring) gebruik word om pasta te produseer. 

Teelprogramme

©Glenneis Kriel

Teelprogramme in Suid-Afrika is tradisioneel gefokus op die ontwikkeling van koring met 'n goeie bak en maal gehalte. Terwyl produksie per hektaar aansienlik toegeneem het oor die jare danksy die gebruik van nuwe tegnologie, soos verbeterde variëteite, presisieboerdery en dies meer, is die produksie inkomste onder geweldige druk as gevolg van 'n kombinasie van klimaatstoestande risiko's, swak internasionale pryse en stygende insetkoste.

Die swak ekonomiese lewensvatbaarheid van koringproduksie het gelei tot 'n koringbedryf plan. Een van die fokusse is om winsgewendheid te bevorder met die ontwikkeling van rasse met hoër opbrengste per hektaar, wat minder insette benodig, soos kunsmis en of plaagdoders of wat meer droogbestand is. Die idee is om hierdie eienskappe te verbeter, sonder dat die veranderinge 'n negatiewe impak op koring gehalte sal hê.

Variëteite

©Chris Daly

ʼn Groot verskeidenheid van koring kultivars is beskikbaar, wat in drie kategorieë verdeel word, naamlik kultivars vir droëland produksie in die noorde, die somer produksie in die suide en besproeiing. Om die regte verskeidenheid te kies moet boere oorweeg hoe die verskeidenheid presteer in kultivar evaluerings proewe naby hul plaas en ook om met ander boere te praat oor hul ervaring met die verskeidenheid.

Die geselekteerde verskeidenheid moet egter nie net slegs geskik wees vir jou klimaats- en grondtoestande nie, maar dit moet ook die kwaliteit van koring kan produseer wat in aanvraag is deur meulenaars en bakkers. 

Die beste opsie is om 'n paar verskillende variëteite te plant om die produksie risiko's te versprei en om net getoetste kultivars te gebruik. Nuwe variëteite moet eers op 'n klein skaal langs staatmakers getoets word om hul prestasie te vergelyk. Kultivarkeuses moet nogtans aangepas word by veranderende weer of produksie toestande en om plek te maak vir nuwe variëteite wat beter is.

Translated by Wilma Koeppen