Hoodia vir Verslanking?

© Alice Notten of Kirstenbosch
Hoodia is gesog vir sy medisinale eienskappe en bekend vir sy vreemde voorkoms. Hierdie stekelrige vetplant se botaniese naam is Hoodia gordonii en word ook bitter ghaap, bokhorings in Afrikaans of khobab (in Khoisan) genoem. Die doringrige plant word geskil en rou geëet en het bekend geword vir sy aptyt-onderdrukkende eienskappe deur die Khoisan-jagters wat dit gebruik om vir dae sonder sonder kos en water te oorleef tydens jagtogte.
Navorsing oor hierdie plant het in die 1960's begin en in 1977 is 'n verbinding, P57, deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing (WNNR) uit Hoodia gordonii geïsoleer. Hierdie verbinding stuur na bewering seine na die brein om te help om die liggaam versadig te laat voel. Dit word nou gebruik in eetlusdempende pille as natuurlike verslankingsmiddel. Sommige studies op diere het egter newe-effekte soos verhoogde hartklop gevind. Hoodia is beskikbaar in vloeistofvorm, maar ook in poeiers, tablette, tee, suigstokkies en kapsules.

Hierdie vetplant groei in 'n verskeidenheid van grondtipes (sanderig tot rotsagtige gronde) in die Kalahari-streke van Suid-Afrika (Noord-Kaap), Namibië en Botswana aangetref word dit
hoë temperature (bo 40℃) asook koue (tot -3℃) kanverdra. Hoodia word die beste van saad gekweek. Pienk tot perskleurige blomme word in September tot Oktober geproduseer. Die vrot reuk van die blomme lok vlieë, wat as bestuiwers te dien. Die saadkapules wat lyk soos 'bokhorings' verskyn vroeg in die somer.
Nota: Alle Hoodia spesies word as beskermde spesies onder die Omgewingsbewaringsordonnansie No.19 van 1974 gelys en 'n permit word vereis om die plant te groei, oes, die sade te versamel of handel te dryf met enige Hoodia-plantmateriaal.

Mediese Vrywaring

Inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes en mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie. Die inligting is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Hazel Oliver