Hennep as Voedsel

©Marinda Louw

Die toenemende vraag na plant-gebaseerde, hoë-proteïen voedsel en gesonde olies het hernude belangstelling in die voedingswaarde van hennep (hemp)-verwante voedselprodukte geskep. Hennep sade is gluten-vry en voedingryk met 'n neutagtige geur en lewer 'n hoë-proteïen meel en gesonde olie.

Voordele van Hennep

Hennep sade is hoog in proteïen (20% - 25%) en het 'n hoë dieetvesel, vitamiene A, B1, B6, B12, C, D en E inhoud en bevat ook magnesium, fosfor, kalium, kalsium en yster. Edestin, 'n maklik-verteerbare gestoorde proteïen bevat al die essensiële aminosure en tel vir ongeveer 60 - 80% van die totale inhoud proteïen van hennep sade.

Die belangrikste waarde van hennep sade is sy olie en vetsuursamestelling. Hennep sade het 'n olie-inhoud van 25 - 35% wat 36% poli-onversadigde vette het insluitende omega-3, 6 en 9 vetsure. Hierdie vetsure verminder inflammasie en help met die bestuur van die simptome van chroniese siektes soos tipe 2-diabetes en artritis.

Hennep se anti-oksidant eienskappe, danksy sy vitamien E en fitolderivaat inhoud, verhoed vrye radikale wat sellulêre skade in die menslike liggaam voorkom en kan die risiko van gesondheidskwessies soos Parkinson se siekte, hartaanvalle of siektes soos Alzheimers verminder.

Hennep in Voedsel

Hennep-saad se afgeleide bestanddele kan gebruik word om proteïene, koolhidrate, olie of voedingstowwe tot 'n verskeidenheid van voedselsoorte te voeg insluitende mengelddrankies en sappe. Hennep word ook gebruik om plant-gebaseerde weergawes as alternatief vir suiwel te maak, byvoorbeeld hennep melk.

Na die ontginning van olie uit die hennep sade, word die oorblywende hennep koek dan gemaal om hennep meel te maak wat 15 - 20% hoër verteerbare proteïene bevat. Voeg hennep meel as proteïen poeier by pasteie, koeke, en brood as 'n lae-koolhidraat koringmeel plaasvervanger. Gebruik 25% hennep tot 75% meel verhouding. Hennep meel kan ook gebruik word as 'n bestanddeel in peusel stafies.

Hennep proteïen poeier kan ook by melkskommels en sop gevoeg word, terwyl hennep blomme gebruik kan word om 'n kalmerende kruie tee te maak. Om die opname van vet-oplosbare CBD te help, kan 'n bietjie klapperolie, botter of volroommelk by die tee gevoeg word.

Hennep-olie, die sade of die CBD-ryk olie word uit die blare en blomme gebruik as 'n slaaisous olie of as medikasie geneem.

Hennep word ook gebruik om bier te brou en word gebruik as 'n infusie in mengeldrankies en ander drank. In China word gebraaide hennep sade as peuselhappies deur straatverkopers verkoop en in Rusland word 'n swart olie afkomstig van die chlorofil-ryk volwasse pitte wyd gebruik.

Hennep sade kan afgedop (dan genoem 'hennep harte') en oor slaai gegooi, gemaal en gebruik word in sop of gemeng word met springmielies, stroop, klapperolie en chia sade en kan in die oond gebak word om krakende graanvlokkies (muesli) te maak.

Translated by Wilma Koeppen