George Bizos, reeds wel-bekend as die verdediger van die onderdruktes in Apartheid misdade, het bekend geword as deel van die span wat die Afrikaner Bram Fischer ingesluit het – ’n afstammeling van ’n Oranje-Vrystaatse Boere president – wat Mandela verdedig het in een van die mees belangrikste hofsake van die twintigste eeu, die Rivonia-verhoor.
Die uitsaai joernalis Debora Patta het Bizos herinner dat dit ‘wyd erken word dat hy Mandela en sy kollegas van die doodstraf gered het’, en Bizos het beskeie geantwoord: “Ek kry te veel krediet”.
Bizos verduidelik dat sy kommer ontstaan het oor die insluiting van die historiese stelling wat Nelson Mandela gemaak het net voordat sy vonnis gegee sou word. Hy was bekommerd dat die bewoording miskien die regter kon beïnvloed om die doodstraf sterker te oorweeg. Bizos sê die volgende: My enigste bydrae tot [die stelling] is dat toe die byna finale konsep vervaardig was, was ek versteur deur sy stelling dat hy bereid was om dood te gaan vir waarin hy geglo het.
En ek het hom aangespreek en gesê “Jy weet Nelson, dit mag dalk verkeerd verstaan word dat jy martyrdom soek. Jy wil sekerlik lewe en geniet waarvoor jy staan en dit sien gebeur. Sekerlik is dit wat jy moet sê. ‘En hy het aan die finale paragraaf gewerk, maar hy het my advies gevat en gesê “en as dit nodig is, waarvoor ek bereid is om te sterf”. Dit is al wat my bydrae was.
Soos wat dit uiteindelik in ’n kalm en stadige, opgemete toon aangebied was, het Mandela se verklaring deur die hof weerklink: Ek het teen wit dominasie geveg en ek het teen swart dominasie geveg.
Ek het die idee van ’n demokratiese en vrye gemeenskap, waarin alle Mense saam in harmonie en met gelyke regte kan leef, gekoester.
Dit is ’n idee waarvoor ek hoop om te lewe en om te sien waar word, maar, my Heer, as dit nodig is, is dit ’n idee waarvoor ek bereid is om te sterf.
Patta het hom gevra, 'Was jy teleurgesteld toe hulle lewenslange tronkstraf ontvang?” En Bizos het geantwoord, 'Dit is vreemd. Dit was ’n verligting. Natuurlik is lewenslank nie ’n vonnis om oor gelukkig te wees nie. Maar ons was almal optimisties dat hulle dit nie sou uitleef nie.’ Op die ou end het die meeste van hulle ’n lewensterm gedien.
Bizos som sy uitsig van Nelson Mandela en die ander vryheidsvegters waarmee hy in kontak was, op met ’n roerende assessering waarin hy homself in die agtergrond dompel. Gevra waarop hy die meeste trots is, antwoord hy: “Dat ek ’n klein bydrae kon lewer deur hul pad te kruis; hulle is die helde. Prokureurs speel ’n sekondêre rol.
Om ’n goeie prokureur te wees, benodig jy goeie kliënte en ek was bevoorreg gewees op die paaie van goeie manne te kruis, brawe manne, onselfsugtige mans en vrouens wie bereid was om hul vryheid prys te gee. Bereid was om hul lewens op te offer ter wille van vryheid. En die feit dat ek toegelaat was om ’n sekondêre rol in hul lewens te speel is iets waarop ek baie trots is.”
Translated by Nina Joubert