Mandela deur Advokaat George Bizos

Hoof Vrywilliger

©Eric Miller

Wie is hierdie man wat so baie mense inspireer? Advokaat George Bizos, wie Mandela al vir amper ’n halwe eeu ken en hom verdedig het by die Rivonia-verhoor in die vroeë 1960’s, wat gelei het na Mandela se 27-jaar gevangenis, beskryf hom in daardie dae as ‘lank, aantreklik, mooi aangetrek, self-verseker, ’n hoof vrywillger wat deelneem aan die Verdedigingsveldtog, wat praatjies gee in Alexandra-township en in Freedom Square in Soweto'.

Bizos het in diepte gepraat oor sy verbintenis met Mandela toe hy op e-TV op Debora Patta se program Third Degree op 5 Junie 2007 verskyn het. Bizos sê, 'Hy was ’n persoon wat jy as ’n individu sal respekteer en beïndruk sal wees met sy blote teenwoordigheid. Hy was bekend as ’n leier van die ANC Jeugliga.

Inge deur Mandela se Idees

Debora Patta het opgemerk dat Bizos in sy boek Odyssey to Freedom vir Mandela beskryf ‘as nooit rustend nie; hy sou die hele dag sy pak dra en hy was altyd besig, selfs met die algemene reg gevanggenisse’ en het bygevoeg dat daardie gedrag regdeur sy gevangenisstraf voort geduur het. 'Beslis! " antwoord Bizos.

"Hy het die eenheid van die onderdrukte mense simboliseer dat ons nie kan bekostig om verskille tussen ons te hê wat, veral die jonger mense, bekommerd oor was en oor geargumenteer het nie.” Bizos het ’n kritieke punt gemaak oor die optrede van die Apartheidsregering.

"Hulle het gedink dat as hulle politieke gevangenes op Robbeneiland sou afsonder, hulle die beweging sou vernietig. Hulle was vreeslik verkeerd. Hulle het werklik die skool vir vryheidsvegters oopgemaak, omdat hulle na hul termyn sou uitkom, ingeprent deur Mandela se idees en leierskap en dit was teenproduktief vir die owerhede.’

Vriendskap met Mandela

Debora Patta het hom gevra “Wat waardeer jy die meeste van jou vriendskap met Mandela?’ Bizos antwoord: Wel, hy het vir my die pad gewys in baie maniere.

Sy optimisme dat al die mense van Suid-Afrika eendag vry gaan wees, selfs ons wittes wat bevry sou wees van die vooroordele wat ons geneig is om te hê.

Sy lojaliteit tot vriendskap, tot doodgewone mense wat nes hy opofferinge gemaak het en sy absolute geloof dat daar vryheid in sy leeftyd sou wees.

George Bizos and Nelson Mandela

Bizos verduidelik dat sy kommer ontstaan het oor die insluiting van die historiese stelling wat Nelson Mandela gemaak het net voordat sy von...more