Doring Klapper

© Bernard Dupont
Strychnos spinosa staan ​​ook bekend as doringklapper, morapa, umKwakwa, Nsala, muramba en Umhlali. Die klein tot mediumgrootte boom groei tussen 1 en 9 m hoog. Dit is doringagtig, met skilbark en blink, ronde blare. Doringklapper verkies goed gedreineerde grond in die bosveld, riviergrense, sandwoud en kusbosse in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo provinsies.
'n Verwante spesie is die ‘Corky Monkey Orange’ (Strychnos Cococoides). Daar word narvosing gedoen oor die inkomste generasie kapasiteit van die plant, wat arm, landelike huishoudings kan bevoordeel. Die doringklapper word hoogs geprioritiseer vir huishoudelike gebruik en verbouing in Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.

Doringklapper het 'n lekker aroma met 'n soetsuur smaak en weeg sowat 0,45 kg. Dit is rond met 'n dik, groen vel wat in bruin-geel verander as dit ryp word. Dit het baie groot sade in 'n geel pulp.
Doringklapper het aansienlike voedselwaarde in landelike gemeenskappe. Die vrugte word geniet deur beide kinders en volwassenes en word vroeg in die seisoen versamel voordat dit ryp word vir later gebruik. Die ryp vrugte hou baie lank as gevolg van sy harde dop. Dit is geskik vir langafstand vervoer. Rondom huise word doringklapper vrugte in sand begrawe om die vrugtepulp vloeistof te maak.
Die ryp vrugte kan rou geeȅt word of gedroog word in die son om vrugterolletjies, konfyt,sap of wyn te maak. Die vrugte is hoog in vitamien C en B-vitamiene, maar doringklapper sade is giftig.

Sy hout word gebruik vir kerf en hout, terwyl die bas, wortel of ongerepte vrugte gebruik word teen slangbyt as gevolg van die teenwoordigheid van strychnine. Geknersde blare kan sere genees, terwyl 'n sterk tee gemaak kan word van die wortels wat help om verkoue simptome te verlig. Vars blare word in 'n pasta gemaal en gesmeer aan die vel om sere te behandel. Gedreineerde vloeistof uit die verpletterde blare kan as 'n natuurlike insekdoder teen plantluise en skaalinsekte gespuit word.
Blare kan gebruik word as dierevoer. Nadat saad weggegooi word, word die plant dikwels uitgekap en verkoop as curios of gebruik as klankkassies vir musiekinstrumente.

Doringklapper bome is moeilik om te groei van sade, so die beste manier is dus oorplanting. Oorplanting is wanneer twee dele van 'n plant saamgevoeg word. Doringklapper is gehard en verkies om te groei in volle son, maar is sensitief vir ryp. Dit kan 'n goeie heining of grensplant maak.

Mediese Vrywaring

Die inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes. Dit mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie, en is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Hazel Oliver