Brokkoli

© Louise Brodie

Wetenskaplike naam: Brassica oleracea

Plant Beskrywing

Brokkoli bestaan uit 8 tot 12 groengrys stingels wat in ’n boomagtige struktuur gerangskik is. Elkeen het ’n eie blomkop wat uit die middel groei en saam vorm dit die hoof kop. Hierdie hoof kop is die eetbare deel. Een variëteit is “tender stem broccoli” wat langer, dunner stingels met kleiner koppe het. Daar is ook ander tipes Brokkoli wat net geplant word vir die gebruik van die blare.

Gebruike

Brokkoli is ’n groente wat gerooster, gekook, gestoom en selfs rou in slaaie geëet word. Dit word as een van die mees voedsaamste groentes beskou. Brokkoli is baie hoog in vitamien A en C asook foliensuur, magnesium, kalsium en yster. Dit het ’n hoë veselinhoud en daar word beweer dat dit kankerwerende eienskappe het.

Grondvereistes en voorbereiding

Brokkoli gedy in goed gedreineerde, sanderige leemgrond wat hoog is in organiese materiaal of goed gekomposteer is. Die ideale pH is 6 tot 6.8 en aanpassings moet tydens die grondvoorbereiding gedoen word. Die grond moet tot ’n diepte van 600 mm omgeploeg word. Gedurende hierdie proses moet kalk, kompos of mis ook ingewerk word. ’n Skottelploeg kan ook gebruik word om die area voor te berei en gelyk te maak.

Klimaat

Brokkoli is ’n koel klimaat gewas en gedy in temperature tussen 14°C en 20°C, maar groei nie goed in temperature bo 24°C nie. Dit word oor die algemeen in Suid-Afrika gedurende die winter en vroeë lente geproduseer.

Kultivars

Variëteite sluit Valiant, Ares, Romanesco, Early Pearl, Pharos, Calabrese, Imagine, Waltham, Naxos en Rapini in.

Translated by Ananda Schoeman