Bokwiet is 'n blomplant en hou geen verband met koring nie. Die blomme produseer klein sade wat geëet kan word en word gemaal vir meel produkte. Dit is 'n goeie dekgewas en bied 'n goeie bron van nektar vir bye.
Dit is 'n antieke oes wat oral in die wêreld, veral in Rusland en China, gekweek word. Alhoewel bokwiet op groot skaal in Suid-Afrika geplant word, het dit 'n paar dekades gelede verminder ten gunste van ander gewasse wat as weiding kan dien.
Bokwiet het onlangs weer begin om die aandag van verbruikers te trek wat gretig is om glutenvrye graan te gebruik.
Translated by Wilma Koeppen