Bokwiet Boerdery

©Mariluna

Bokwiet (Fagopyrum esculentum), of (Fagopyrum esculentum Moench), is 'n hoë-proteïen blom-gewas wat sedert antieke tye gekweek word vir die gebruik van sy sade. Gewild in China, Rusland en ander Oos-Europese koskulture is bokwiet nie verwant aan koring nie, maar word tog soms beskou as 'n "graan", selfs al is dit nie 'n gras nie.

Glutenvrye bokwiet 'korrels' kan rou geëet word, toegelaat word om te ontkiem of in 'n pap gekook word. Dit kan ook gemaal word vir bokwiet meel of gebruik word om drank van te brou. Bokwiet blare word vir tee gebruik.

Hoe om Bokwiet te Groei

As 'n klein-saad oes met 'n fyn wortelstelsel verkies bokwiet 'n fyn, ferm saadbed met goeie dreinering en kan 'n verskeidenheid van grondtoestande duld. Dit doen uitstekend op 'n lae stikstof, ligte en sanderige grond met 'n effense suur tot neutrale pH. Maar as dit op lae vrugbare grond geplant word, doen bokwiet beter as ander soorte graan.

Bokwiet is sensitief vir hoë somertemperature en ryp, so die saai van bokwiet moet begin net nadat die ergste ryp verby is, maar voor die hoogtepunte van die somertemperature. 

Vog word benodig wanneer dit blom - vier tot vyf weke na aanplanting. Droë winde, hoë reënval en droogte gedurende hierdie tyd kan lei tot opbrengsverliese.

Goed gesaaide bokwiet sal met onkruid meeding en wen. Dit ervaar selde plae of siekte probleme.

Bokwiet sal volwasse wees 10-12 weke na dit gesaai is. Dit het 'n onvoorspelbare groeiwyse met die boonste deel van die plante wat blom terwyl die laer dele al reeds saad het. Oes (neem 'n stadige en sagte benadering) moet gedoen word wanneer sowat 75% van die sade ryp is. Opbrengste kan wiseel vanaf 1100 tot 1600 kg/ha.

Bokwiet word nie gewoonlik ingesluit in 'n wisselbouprogram nie, omdat dit 'n swaar gebruiker van minerale is, veral fosfor. Dit moet in ag geneem word wanneer bemesting vir opvolggewasse plaasvind.

As 'n groen mis oes is bokwiet voordelig omdat dit groot hoeveelhede droë materiaal produseer.

Bokwiet in Boerdery Sisteme

Dr Hans Kendal, landboukundige van die Noord-Dakota Staat se Universiteit beveel geen aanplanting van bokwiet na canola, mosterd of sonneblomme nie. Hy sê, "Hierdie gewasse produseer geredelik vrywillige (oorskiet) plante wat onmoontlik is om te beheer in groeiende bokwiet".

As 'n groen mis oes is bokwiet voordelig omdat dit groot hoeveelhede droë materiaal produseer en in die VSA is bokwiet waardevol as 'n vinnig-groeiende dekgewas.

Bokwiet en Bye

©Jasper Teboc (North Carolina State University)

Bokwiet vertoon 'n deurlopende en langdurige blomtyperk en lok 'n verskeidenheid van insekte. Dit lok nie net biologiese roofdiere van ander peste wat op die plaas teenwoordig is, nie maar ook die bye. Bokwiet, alhoewel relatief laag in proteïen (11%), produseer nektar en is 'n goeie kosplant vir bye. Heuning produksie kan wissel tussen 70-100 kg/ha tot 300k g/ha op uitstaande bokwiet kultivars.

Bokwiet presteer die beste met kruisbestuiwing en 2.5 korwe/ha word aanbeveel.

Translated by Wilma Koeppen