Bokwiet Produksie

© Jasper Teboc (North Carolina State University)

Bokwiet (Fagopyrum esculentum) is 'n jaarlikse blomplant wat omtrent 1.2 m hoog word met 'n vlak penwortel en 'n kort groeiseisoen. Dit word verbou vir sy klein driehoekige sade vir menslike gebruik, as veevoer, en as 'n dekgewas.

Dit is 'n "spesiale graan” wat geen verband het met koring nie. Tog, selfs al is dit nie van die grasfamilie soos graan nie word dit onder ontbyt graan geklassifiseer.

Dit is inheems aan Suidoos-Asië en word al vir eeue daar gekweek. Dit is in China rondom 1000 nC gegroei en in Europa bekend gestel in die 15de eeu en het daarvandaan in die 17 de eeu na die VSA versprei.

Produsente van Bokwiet

Rusland en China is die grootste produsente van bokwiet in die wêreld met meer as 700 000 en 661 000 hektaar onderskeidelik. Ander produsente sluit Oekraïne (167 000 ha), Frankryk (111 000 ha) en die VSA (83 000 ha) in.

Die gebruik van bokwiet in Suid-Afrika is beperk en word hoofsaaklik as 'n dekgewas gebruik. Bokwiet is wyd geplant 'n paar dekades gelede, maar as gevolg van sy swak oes reste en wyer afhanklikheid van oesreste vir dierevoeding is die produksie van bokwiet vir sy saad baie klein.

Gebruike van Bokwiet

Bokwiet is glutenvry, hoog in proteïen, vesel, magnesium, kalsium, kalium, fosfor, vetsure: omega 3 en 6, niasien, en folaat.

Bokwiet sade maar veral die blare bevat rutin ʼn plant pigment bekend daarvoor om kapillêre mure te versterk. Groen bokwiet tee het 'n hoë vlak van rutin en is dus voordelig om kardiovaskulêre siektes te beperk en vir die vermindering van die risiko van die verharding van die are asook vir sy anti-oksidasie effek.

Die graan word geheel of uitgedop geëet, gekook in pap, in meel gemaal of as gort gebruik. Die uitgesopte saad, ook bekend as bokwiet gort, is gewild (rou of uitgeloop) in rou diëte en word gebruik in slaaie en word bygevoeg by sop en bredies en gebruik in muesli.

Bokwiet meel (gemaak van die gemaalde sade) word gebruik om noedels te maak en word gebruik in glutenvrye bak mengsels. Geroosterde bokwiet sade word Kasha genoem. Die rooibruin Kasha het 'n sterk neutagtige geroosterde geur. Dit is ʼn tradisionele meel in Rusland, Pole en ander Oos-Europese lande en word ook gebruik om asyn, bier, drank en tee van te maak. Bokwiet doppe (na sade verwyder is) kan gevoer word vir herkouers (beeste, skape, bokke, ens) en pluimvee.

As gevolg van bokwiet blomme se gewildheid vir bye kan heuning 'n byproduk van bokwiet boerdery wees. Bokwiet heuning is hoog in proteïen en bevat 22 van die 24 essensiële spoorelemente waarvan yster in oorvloed is.

Translated by Wilma Koeppen