Bevrugting van Koring

© Marinda Louw

Grondontledings moet elke paar jaar gedoen word voordat koring geplant word om besluite te neem oor bevrugting en die korrekte wanbalanse en tekorte in voedingstowwe in ag te neem. Die bemestingsprogram sal aangepas moet word om grond variasie op verskillende dele van die plaas te akkommodeer. Ander verandelikes wat geakkommodeer moet word is land, grondvrugbaarheid, klimaatstoestande, geteikende opbrengste, bewerking metodes en gewasse wat in die vorige fases van die wisselbou geplant is. 

Boere moet bevrugting vereistes balanseer met die koste van hierdie produksie om winsgewend te bly. Dit maak nie sin om meer geld te spandeer op bevrugting as wat die inkomste potensiaal is van 'n spesifieke stuk grond nie. 

Die sleutel tot bevrugting is om te verseker dat plante toegang het tot genoeg voedingstowwe om hul volle produktiewe potensiaal te ontsluit. ʼn Voedingswaarde tekort kan 'n negatiewe impak op die groei van plante hê en stres veroorsaak, wat weer op sy beurt die plante meer kwesbaar kan maak vir spesifieke insek aanvalle en die uitbreek van siektes.

Suurgehalte van Grond

Koring moet verkieslik geproduseer word in grond met 'n pH balans van tussen 5.5-6.5 op 'n kalsiumchloried skaal. Sekere voedingstowwe in die grond kan miskien nie meer beskikbaar wees wanneer die pH balans laer as 4.5 is nie. Kalk kan gebruik word om die pH-vlakke met die nodige volumes, afhangende van die pH vlakke en die tipe grond, te vermeerder. 

Die kalk bron moet reg gekies word. Volgens die ‘Agricultural Research Centre Small Grain Institute’s Guideline’ in die ‘Production of Small Grain in the Summer Rainfall Area’, moet dolomitiese kalk gebruik word wanneer die verhouding tussen kalsium en magnesium hoër as 10:1 is.

Kalsitiese kalk moet gebruik word as die verhouding minder as 10:1 is en die magnesium inhoud hoër as 40 mg/kg (dpm) is, en dolomitiese kalk wanneer die magnesium inhoud laer is.

Kalk moet toegedien word drie tot vier maande voor aanplanting. Die kalk moet deeglik met die grond gemeng word en dan ingeploeg word tot 'n diepte van 200 mm tot 400 mm. Boere kan variëteite plant met 'n goeie aluminiumtoleransie om die impak van suurgrond op produksie te verlig.

Die Groot Drie

Stikstof, fosfor en kalium het 'n groot impak op produksie. Boere moet 'n grondkundige persoon of Graan SA raadpleeg vir aanbevelings om dit volgens die vereistes van hul produksie program en omgewing toe te pas. Dit is ook 'n goeie opsie om met ander boere in die streek te praat oor hul bevrugting ervarings, om ʼn maatstaf te hê en die resultate teen dié van ander te meet.

Volgens ‘Riglyn van die Landbounavorsingsraad se Sentrum vir Kleingraaninstituut se 'Produksie van Kleingraaninstituut in die somerreënvalgebied’, moet nie meer as 20 kg stikstof toegegevoeg word tydens aanplanting nie, aangesien stikstof die saad kan brand en 'n negatiewe impak op ontkieming veroorsaak. Hoër toevoeging moet voor die aanplanting geskied indien meer as 20 kg/ha toegepas word, en stikstof moet ver van die saad af wees tydens aanplanting. 

Baie boere maak 02:58 stikstof toevoegings om uitloping te voorkom en te verseker dat plante toegang het tot genoeg stikstof op die regte tyd van ontwikkeling. Toevoegings moet afwaarts aangepas word as 'n gewas, soos peulgewasse wat stikstof toevoeg tot die grond, die vorige seisoen geplant is. Dit moet weer opwaarts aangepas word indien hoë opbrengste van die vorige seisoen geproduseer is of wanneer daar baie oorblyfsels is wat nog nie in die grond afgebreek het tydens planttyd nie. Dit kan lei tot ʼn negatiewe stikstof tydperk.

Fosfaat aansoeke moet gelei word deur die beplande produksie per hektaar en die hoeveelheid fosfaat wat beskikbaar is in die grond. Kalium is selde 'n oorsaak van swak opbrengste in Suid-Afrika, maar tekorte kan voorkom in hoë alkaliese sandgrond, onder koue, nat en of droë grondtoestande, en in grond met baie hoë vlakke van magnesium en/of kalsium.

Mikro Elemente

Die toepassing van mikro-elemente, soos koper, sink, mangaan, yster, molibdeen en boor, mag nie ekonomies regverdigbaar wees op droëland produksie of grond met ondergemiddelde opbrengste nie. Boere moet dus hierdie koste versigtig bereken voor hierdie voedingstowwe toegepas word. Sodra simptome van die tekort van voedingswaarde verskyn, is dit dikwels te laat om die skade te keer, maar blaar bespuitings kan help om verdere verliese te voorkom.

Translated by Wilma Koeppen